Duiwelsasem, ‘n nuwe spioenasieriller in Afrikaans

Hoe skakel Johannesburg in by ‘n internasionale politieke intrige wat van Helsinki tot Washington strek? Die rykste, grootste en mees kosmopolitiese stad in Suid-Afrika is ook waar eienaarskap van die Donker Kontinent se ryk grondstowwe deesdae onderhandel word. Die jong spioen Kai Brugman staan midde-in hierdie spannende vertelling van belangegroepe wat aan die wedywering om

Lees verder: Duiwelsasem, ‘n nuwe spioenasieriller in Afrikaans

Uraan, kobalt in beesorgane

‘n Navorser van die Noordwes-Universiteit het bevind dat die organe van beeste wat in die omgewing van die Wonderfonteinspruit, onder meer met uraan en kobalt besmet is. Beeld berig dat David Hamman vir sy meestersgraadstudie in omgewingswetenskappe beesniere ontleed het en die uraanvlakke daarin was 4 350 keer hoër as dié van beeste in ‘n

Lees verder: Uraan, kobalt in beesorgane

Vermeende bomplanters teiken nie Mangaung nie

Berigte dat die inhegtenisnemings van vier regses verband hou met beweerde terreurplanne by die ANC se 53ste verkiesingskongres in Bloemfontein is nog nie bevestig nie. City Press het voorheen berig dat een verdagte reeds ‘n bekentenis gemaak het. Die Vrystaatse polisie sê egter die vier mense wat in hegtenis geneem is, is nie gekoppel aan

Lees verder: Vermeende bomplanters teiken nie Mangaung nie

Vergadering met minister oor plaasveiligheid kortgeknip

‘n Vergadering oor landelike misdaad tussen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en Afrikanerverteenwoordigers het opgehou kort nadat dit Donderdag in Pretoria begin het. Mthethwa het agterna gesê hy het beswaar gehad teen die noem van die African National Congress aan die begin van die bespreking. “Toe ons begin het, het die afvaardiging kwessies oor

Lees verder: Vergadering met minister oor plaasveiligheid kortgeknip

ANC: Top 6 se benoeming uitgestel

Die ANC se 53ste verkiesingskonferensie het kort na middernag verdaag ná vertragings oor verskille oor geldigheid. Die benoemings vir die ANC se top ses is ook tot vandag uitgestel. ‘n Hewige debat is verwag te midde van twee provinsies wat dreig om ‘n interdik te kry teen die hou van die konferensie, en beskuldigings dat

Lees verder: ANC: Top 6 se benoeming uitgestel

Tenders is ‘n teer saak, sê Zuma

Die tenderstelsel is teer saak in die regering, het pres. Jacob Zuma Sondag tydens die opening van die ANC se nasionale konferensie in Mangaung, Bloemfontein, gesê. “Selfs ‘n ouma in ‘n landelike gebied weet van ‘n tender,” het hy in Zoeloe tydens sy politieke verslag gesê. Zuma het gesê die stryd teen korrupsie duur voort

Lees verder: Tenders is ‘n teer saak, sê Zuma

Regses vas oor Mangaung bomplan

Die Vrystaatse polisie het sewe vermeende regses in hegtenis geneem wat na bewering ’n tent op die ANC se nasionale konferensie, wat tans in Mangaung plaasvind, met plofstof wou opblaas, het RSG Maandag berig. Die verdagtes is Sondag in Bloemfontein, Douglas en Naboomspruit (Mookgo­phong) vasgetrek. Die polisie se provinsiale woordvoerder, Brigadier Billy Jones, het gesê

Lees verder: Regses vas oor Mangaung bomplan

Baie praatjies, al hoe meer gaatjies

Na 18 jaar van ANC regering moet elke burger van Suid Afrika nou al besef dat die ANC onbevoeg is om ‘n land soos dié te regeer. Tyd om te erken dat daar verskillende rassegroepe is wat oor sterk patriotisme beskik. Tyd om konsekwent te besin wat die pad vorentoe vir al hierdie verskillende groepe

Lees verder: Baie praatjies, al hoe meer gaatjies

Die kragtige sjarme van apartheid

Verwoerd leef voort in sepies op die SAUK. En in die res van Afrika, waar etnisiteit die lotgevalle van lande bepaal. In die SAUK se swart sepies soos Muvhango word die problematiek van stamkonflikte, asook die wisselwerking tussen die moderne en tradisionele wêrelde, konstant te berde gebring. Tussen stedelike tenderpreneurs in blink swart motors, enersyds,

Lees verder: Die kragtige sjarme van apartheid

Vrystaat nie deel van Mangaung nie, beslis Grondwethof

Die Vrystaat sal nie by die ANC se nasionale verkiesingskongres in Mangaung deelneem as provinsie nie. Die grondwethof het voor die aanvang van die ANC-kieskonferensie beslis dat die party se Vrystaatse provinsiale verkiesingskonferensie ongeldig is, het Sapa berig. “Die provinsiale verkiesingskonferensie van die Vrystaatse provinsie van die African National Congress wat tussen 21 en 23

Lees verder: Vrystaat nie deel van Mangaung nie, beslis Grondwethof