Tenders is ‘n teer saak, sê Zuma

Die tenderstelsel is teer saak in die regering, het pres. Jacob Zuma Sondag tydens die opening van die ANC se nasionale konferensie in Mangaung, Bloemfontein, gesê.

“Selfs ‘n ouma in ‘n landelike gebied weet van ‘n tender,” het hy in Zoeloe tydens sy politieke verslag gesê.

Zuma het gesê die stryd teen korrupsie duur voort en die regering het instansies gestig wat korrupsie ondersoek.

“Ons land is een van die mees deursigtige samelewings wanneer dit kom by die stryd teen korrupsie, dit word dikwels in die openbare domein bespreek.”

Zuma het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om liggame soos die Spesiale Ondersoekeenheid en die polisie te help.

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae