Regses vas oor Mangaung bomplan

Die Vrystaatse polisie het sewe vermeende regses in hegtenis geneem wat na bewering ’n tent op die ANC se nasionale konferensie, wat tans in Mangaung plaasvind, met plofstof wou opblaas, het RSG Maandag berig.

Die verdagtes is Sondag in Bloemfontein, Douglas en Naboomspruit (Mookgo­phong) vasgetrek.

Die polisie se provinsiale woordvoerder, Brigadier Billy Jones, het gesê sê die mans is in hegtenis geneem ná inligting dat daar ’n bedreiging vir die konferensie kan wees.

Die mans is blykbaar tussen 40 en 50 jaar oud en sal binnekort in die hof verskyn.

Beeld berig dat veiligheidsmaatreëls by die konferensie op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat intussen verskerp is.

Die president en ‘n lid van die Uitvoerende Partyraad van die nuutgestigde Federale Vryheidsparty FVP, ‘n party wat glo selfbeskikking vir die Afrikaner/Boere nastreef, is intussen gearresteer vir hoogverraad.

Hein Boonzaaier is glo deur ‘n span Valke en Misdaadintelligensie op ‘n beskuldging in hegtenis geneem en sy huis is deursoek. Hy sal glo vanoggend na Bloemfontein afgevoer word, het ‘n familielid gesê.

Volgens bronne word hulle toegang tot hulle regspanne geweier. Op hierdie stadium is die inligting beperk het die party se woordvoerder Francois Cloete in ‘n verklaring gesê.

Die groep het na bewering beplan om een van die groot samekomstente wat gebruik word by die ANC se nasionale kongres met ‘n bom op te blaas. Luidens City Press se webwerf het “een van die beweerde regses reeds ‘n skulderkenning voor ‘n landdros gemaak”.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae