Judy Sexwale gekaap

Image

Tokyo Sexwale onthoof misdaad

Judy Sexwale, die blonde vrou van die voormalige premier van Gauteng, Tokyo Sexwale, is gister gekaap terwyl sy haar seun by die St David’s Marist-skool in Sandton gaan oplaai het. Drie gewapende mans het haar uit haar motor getrek en met die voertuig ontvlug. Haar seun het die kaping sien gebeur.

Haar man was in Kaapstad toe die insident plaasgevind het. Hy het gisteraand die “90 minute vir Madiba”-sokkerwedstryd bygewoon.

Lees verder: Judy Sexwale gekaap

Binnekort nie meer rooivleis in Kwazulu-Natal nie?

Daar kan binnekort ’n ernstige tekort aan rooivleis in Kwazulu-Natal ontstaan as die veediefstalprobleem in die provinsie nie vinnig aangespreek word nie. Dit is die prentjie wat die Kwazulu-Natalse Rooivleisvereniging Dinsdag aan die provinsiale regering geskets het.

Vee word oor die grense na Lesotho en Swaziland gesmokkel en het die bedryf reeds ’n ernstige knou toegedien. Volgens die vereniging se segsman, Herman de Wet, het die situasie vererger toe die militêre kommando’s ’n ruk terug ontbind is. “Die onttrekking van SANW-troepe aan die Lesotho-grens het die situasie verder vererger. Misdadigers smokkel vee uit sonder vrees dat hulle gearresteer gaan word.“

Lees verder: Binnekort nie meer rooivleis in Kwazulu-Natal nie?

Brussels alarm at porous borders

People smugglers are turning the European Union’s south-east frontiers into a hotspot for illegal migration, the EU’s security chief has warned. Franco Frattini, EU justice and security commissioner, said growing numbers of illegal migrants were arriving via the western Balkans or the Black Sea region from Georgia, Armenia, Ukraine, Belarus and Moldova. The Mediterranean is

Lees verder: Brussels alarm at porous borders

Two legs better than four

Walking upright required considerably less effort of early man than "knuckle-walking," according to research to be released this week explaining why humans today, unlike most other primates, walk on two legs. The new study, "Chimpanzee locomotor energetics and the origin of human bipedalism" hypothesizes that walking on two legs, or bipedalism, evolved because it required

Lees verder: Two legs better than four

Landbank-hoof op pad na groener weivelde

ImageAlan Mukoki, wat die afgelope 32 maande aan die hoof van die Landbank in Pretoria gestaan het, het aangekondig dat hy die instansie in Augustus vanjaar gaan verlaat. Hy wil hom voortaan met beleggingsmoontlikhede besig hou.

Hy en nog twee ander senior amptenare van die bank was vroeër vanjaar in die nuus  tydens ’n ondersoek na die Landbank se omkeerstrategie. Mukoki, wat getroud is met die sosiale vlinder Joanna Kumalo, is destyds aangestel om die bank se finansiële posisie om te keer. Nallie Bosman, voormalige uitvoerende hoof van Absa en direkteur van die Landbank, is gevra om hom in die proses by te staan. Ná net twee weke het Bosman egter bedank.

Lees verder: Landbank-hoof op pad na groener weivelde

ANC-bewind ‘wil onwettige Zimbabwi?rs integreer’

Komende na Mbeki se uitspraak dat Suid-Afrika “nie veel kan doen” om die instroming van Zimbabwiërs te stuit nie, het ’n segspersoon vir die departement van binnelandse sake, Cleo Mosana, bevestig dat die ANC-bewind “die Zimbabwiërs in Suid-Afrika wil integreer”.

Sy het gereageer op ’n oproep van die DA dat vlugtelingkampe langs die Limpoporivier opgerig word om die groot getalle Zimbabwiërs wat die land binnekom, te huisves. Volgens Les Labuschagne van die DA, “sou vlugtelingkampe die enigte manier wees om seker te maak dat hierdie mense behoorlik gehuisves en genoegsaam gevoed word totdat hulle in staat is om na Zimbabwe terug te keer”.

Lees verder: ANC-bewind ‘wil onwettige Zimbabwi?rs integreer’

‘n Afrikaner in Skotland – die goeie deel

Image‘Soo, where yoo from, miss?  Gêrmany?’

Hulle hoor onmiddellik dat ek nie ‘n Skot is nie.

‘No, I’m from another continent.’

‘Pooland?’

‘That’s the saeme continent, yoo idiot!’ roep iemand anders tot almal se vermaak. Ek skud my kop en rol my oë gemaak ongeduldig en geniet die nuwe aksent.

Lees verder: ‘n Afrikaner in Skotland – die goeie deel

Plan vir Irak te koop

Die bekende internetafslaer, eBay, wat alles onder die son te koop aanbied, se lotnommer 150141399174, is ‘n ongewone aanbieding. Dit behels ‘n "oplossing vir die oorlog in Irak" en word voorgestel deur ‘n Amerikaanse offisier wat ‘n spesialis in inligting is.

Onder die skuilnaam "cptnabil" skryf die kêrel dat hy vir die beste bod ‘n manier om die oorlog in Irak te ontknoop, sal beskikbaar stel. Hy sê voorts "dit is nie ‘n grap nie" en dat hy ‘n werkbare oplossing vir die konflik wat tans daar afspeel, aanbied.

Lees verder: Plan vir Irak te koop

Naspers-kroonprinses se blink loopbaan

Image

Khanyi Dhlomo

Media24 het verlede week bekendgemaak dat die firma ’n mediamaatskappy genaamd Ndalo Media gestig het saam met Khanyi Dhlomo. Media24 en Dhlomo het elkeen ’n 50% aandeel in Ndalo. Die eerste projek wat die nuwe firma gaan aanpak, is ’n tydskrif genaamd Destiny.

Dit is veronderstel om Suid-Afrika se eerste luukse tydskrif te wees wat sakenuus met mode, skoonheid en leefstyltemas sal kombineer en gerig is op professionele, stylvolle Suid-Afrikaanse vroue. Die ouderdomsgroep wat spesifiek geteiken word, is die 25-55 kategorie en vroue van alle rassegroepe word ingesluit. Die eerste uitgawe behoort aan die einde van Oktober 2007 te verskyn.

Lees verder: Naspers-kroonprinses se blink loopbaan