ANC-bewind ‘wil onwettige Zimbabwi?rs integreer’

Komende na Mbeki se uitspraak dat Suid-Afrika “nie veel kan doen” om die instroming van Zimbabwiërs te stuit nie, het ’n segspersoon vir die departement van binnelandse sake, Cleo Mosana, bevestig dat die ANC-bewind “die Zimbabwiërs in Suid-Afrika wil integreer”.

Sy het gereageer op ’n oproep van die DA dat vlugtelingkampe langs die Limpoporivier opgerig word om die groot getalle Zimbabwiërs wat die land binnekom, te huisves. Volgens Les Labuschagne van die DA, “sou vlugtelingkampe die enigte manier wees om seker te maak dat hierdie mense behoorlik gehuisves en genoegsaam gevoed word totdat hulle in staat is om na Zimbabwe terug te keer”.

Maar volgens Mosana sou vlugtelingkampe strydig met die Vlugtelingewet wees. “Vlugtelinge is veronderstel om in ons gemeenskappe geïntegreer te word en nie in kampe aangehou te word soos wat die DA voorstel nie.”

Met hiperinflasie van 4 500% wat deur Robert Mugabe se ekonomiese beleid en konfiskering van blanke plase veroorsaak is, heers daar nie net ’n ekonomiese krisis in Zimbabwe nie, maar dreig voedseltekorte nadat handelaars vroeër vandeesmaand deur die Zanu PF-bewind gedwing is om hul pryse te halveer. Vele het reeds hul deure gesluit.

Gevolglik is die toestroming van Zimbabwiërs besig om rekordvlakke te bereik. In die Soutpansbergdistrik is boere van die TLU-SA besig om vrywillig die grense te patrolleer in ’n poging om die inval vanuit Zimbabwe te stuit. Volgens hulle kan die weermag en polisie nie meer hul werk doen nie en het die verantwoordlikheid nou op die gewone burger afgeskuif om Suid-Afrika se gebiedsintegriteit te handhaaf.

free 10 casino no deposit requiredлобановский супермаркет класс