Judy Sexwale gekaap

Image

Tokyo Sexwale onthoof misdaad

Judy Sexwale, die blonde vrou van die voormalige premier van Gauteng, Tokyo Sexwale, is gister gekaap terwyl sy haar seun by die St David’s Marist-skool in Sandton gaan oplaai het. Drie gewapende mans het haar uit haar motor getrek en met die voertuig ontvlug. Haar seun het die kaping sien gebeur.

Haar man was in Kaapstad toe die insident plaasgevind het. Hy het gisteraand die “90 minute vir Madiba”-sokkerwedstryd bygewoon.

Mev Sexwale was erg geskok en in trane ná die kaping. Een van die onderwysers het haar en haar seun huis toe geneem. Sowat twee ure later het ’n ander onderwyser haar motor opgemerk in die parkeerarea van die Thrupps-winkel in Illovo, sowat twee kilometer van die skool af.  Dit is nie die eerste keer dat ’n kaping by die skool plaasvind nie.

Ironies genoeg het Tokyo Sexwale, beskermheer van die Franschhoekse Wynvallei-toeristevereniging, die afgelope naweek tydens die dorp se Bastilledagfees misdaad met ’n valbyl onthoof tydens ’n simboliese aksie.

Tokyo Sexwale het sowat dertien jaar as ’n politieke gevangene op Robbeneiland deurgebring. Hy het sy vrou, Judy Moon, gedurende hierdie periode ontmoet toe sy as prokureur gevangenes op die eiland besoek het. Sy is tans betrokke by talle sake-ondernemings en liefdadigheidsprojekte. Haar man staan aan die hoof van die Mvelaphanda-groep.

циклевка паркета ремонт паркетаДанильченко Юрий прокурор