Die vereniging het Dinsdag ’n beroep op die provinsiale regering gedoen om ’n reaksie-eenheid op die been te bring wat vinnig kan optree in areas wat die meeste deur veediefstal geraak word. Volgens De Wet is slegs 9 751 diere teruggekry uit die 22 432 wat die afgelope twee jaar in die provinsie gesteel is. Boere het diere ter waarde van meer as R95 miljoen verloor.
Volgens ’n onlangse verslag van die Instituut van Veiligheidstudies aan die Universiteit van Pretoria kos veediefstal die nasionale landboubedryf sowat R230 miljoen. Die plundering van oeste beloop skade ter waarde van R444 miljoen, gewone diefstal R100 miljoen en diefstal van landbou-implemente sowat R205 miljoen. Die diefstal van voertuie, saad, petrol en wapens beloop ongeveer R221 miljoen per jaar.
