Alan Mukoki, wat die afgelope 32 maande aan die hoof van die Landbank in Pretoria gestaan het, het aangekondig dat hy die instansie in Augustus vanjaar gaan verlaat. Hy wil hom voortaan met beleggingsmoontlikhede besig hou.
Hy en nog twee ander senior amptenare van die bank was vroeër vanjaar in die nuus tydens ’n ondersoek na die Landbank se omkeerstrategie. Mukoki, wat getroud is met die sosiale vlinder Joanna Kumalo, is destyds aangestel om die bank se finansiële posisie om te keer. Nallie Bosman, voormalige uitvoerende hoof van Absa en direkteur van die Landbank, is gevra om hom in die proses by te staan. Ná net twee weke het Bosman egter bedank.

Lees verder: Landbank-hoof op pad na groener weivelde