‘n Man het in die hof verskyn na hy skynbaar vir Nelson Mandela tydens ‘n potjiekoskompetisie by Sun City beledig het. Benjamin Burger, 46, aandeelhouer van die sekuriteitsmaatskappy wat gasheer gespeel het, het na bewering ‘n vermengde weergawe van Nkosi Sikelel’ iAfrika gespeel. In die liedjie word Mandela ‘n “kaffir” genoem. Die polisie is in
SA diskrimineer nie teen vroue
Suid-Afrika en Lesotho is een van die top tien lande ter wêreld wat die minste teen vrouens diskrimineer, het die Wêreld Ekonomiese Forum, WEF, gesê. Suid-Afrika het vanaf nommer 22 na ‘n sesde plek geklim, terwyl Lesotho vanaf nommer 16 na ‘n tiende plek gevorder het. Die WEF se Globale Geslagsgapingsindeks baseer dié resultate op
Soos lammers ter slagting
President Zuma se onlangse uitlatings oor wapenbesit in die land kan nie anders as om ieder en elke landsburger onrustig te laat nie. Diegene van ons wat gelisensieërde wapens het, laat dit warm onder die kraag. Volgens hom is daar te veel wapens in private hande, wat hopelik al die onwettige vuurwapens ook insluit. Indien
Bronkorsslaai
{jathumbnail off} Rooster 8 kleinerige tamaties en 8 repe spek teen 170 grade C vir 30 minute lank vir vier mense. ‘n Handvol dennepitte kan droog gerooster word in ‘n kleefvrye pan op die stoofplaat. Rangskik bronkorsslaai op ‘n bord en sny ‘n klein rooi ui in dun skywe daaroor. Krummel 100g fetakaas daaroor en
Hoe oopkop is die gemiddelde Afrikaner?
Die afgelope tyd het daar so ongemerk ‘n paar legkaartstukke van hoe die ANC-regering hulle posisie oor ‘n paar jaar sien, in mekaar gepas. So terloops is daar deur die media berig dat die ANC-regering ‘n nuwe geldeenheid oor so plus minus 4 jaar in die vooruitsig stel en alle regerings binne SA en aangrensende
DA ondersteun Jansen met haatspraakklag
Die DA het Dinsdag ‘n klag van haatspraak teen Thebe Meeko, die voorsitter van die ANC-jeugliga in die Vrystaat gelê. Dit kom na Meeko se uitlatings wat hy glo oor Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, gemaak het. Die klag is by die Kaapstadse Landdroshof gelê nadat die koerant, The Times, berig
Nelspruiters gaan naamsverandering teenstaan
Meer as 600 besighede in Mpumalanga soek regsadvies nadat die naamsverandering van Nelspruit volgens hulle foutief en onregverdig plaasgevind het. Die besighede, wat verteenwoordig word deur die Laeveldse Kamer vir Sake en Toerisme, die LCBT, is van mening dat die konsultasieproses voor die naamsverandering na Mbombela onregverdig plaasgevind het. “Ons sal regsadvies kry om die
Mosambiek reg vir verkiesing
Die leier van Mosambiek se opposisieparty van sowat drie dekades, Afonso Dhlakama, 56, het aangekondig dat hy nie weer vir president sal staan as hy Woensdag onsuksesvol is tydens hierdie jaar se verkiesing nie. “As ek hierdie keer verloor gaan ek vir seker nie weer staan nie,” het Dhlakama die afgelope naweek aan sy ondersteuners
Dronkbestuurklag teen ambassadeur teruggetrek
Die klag van dronkbestuur teen Suid-Afrika se ambassadeur in Angola, Muziwakhe Kubheka, 61, is Dinsdag in die landdroshof in Pinetown teruggetrek. Kubheka is in Maart in die Kloof-area buite Durban in hegtenis geneem nadat hy met sy Mercedes-Benz in ‘n heining vasgery het. Hy is aangekla van dronkbestuur. Volgens die staatsaanklaer, Neville Loubser, is die
VSA-diplomaat bedank oor Afghanistan
‘n Amerikaanse diplomaat is só ontnugter deur die VSA se betrokkenheid in Afganistan dat hy uit sy pos bedank het. Hy is die eerste Amerikaanse amptenaar geword wat bedank in protes teen die agt jaar lange oorlog, het die Washington Post Dinsdag berig. Die 36-jarige Matthew Hoh was ‘n senior amptenaar in die staatsdepartement van
