Die afgelope tyd het daar so ongemerk ‘n paar legkaartstukke van hoe die ANC-regering hulle posisie oor ‘n paar jaar sien, in mekaar gepas.
So terloops is daar deur die media berig dat die ANC-regering ‘n nuwe geldeenheid oor so plus minus 4 jaar in die vooruitsig stel en alle regerings binne SA en aangrensende lande word hartlik uitgenooi om deel te word hiervan.
Ten spyte van ooglopende onbekwaamheid, figureer die ANC by monde van Mbeki en Zuma baie prominent as selfaangestelde esoteriese bemiddelaar in die Zimbabwe-krisis en tree selfs in die bres in die buiteland, deur te pleit vir hulp aan Zimbabwe – om sodoende hul aansien en magsprojeksie by die res van Afrika te versterk en dus die deur oop te maak as uiteindelike kommunistiese heersers van Afrika.
Vervolgens versterk die ANC hulle beeld as toekomstige Afrikaleiers – deur toestemming te gee aan die res van Afrika, om van die blanke boere onder hulle beheer te gebruik om hulle vaardigheid aan te vul. So word die boere en hul kundigheid as’t ware op bruikleen aan ander lande verskaf terwyl hul grond plaaslik onteien of met belastingfondse opgekoop word.
Die ontwakende teenstand teen die ongebonde blanke volksmoord het die ANC regering onverhoeds betrap te midde van die 2010-sokkerspele aan die een kant en die opstandige swartes aan die ander kant, wat baie slim gehanteer word deur ‘n superpolisiemag te ontplooi met militêre mag sonder die aanskyn van militêre optrede en vervolgens die geweld aan te spreek en verlore aansien in die buiteland te herwin.
Om verder die blankes te manipuleer, word daar nou openlik gepraat in die News 24-koerante van optrede teen korrupsievergrype op regeringsvlak wat deur ANC regering aangespreek gaan word – tot die Eskomhoof word skielik verantwoordelik gehou vir die vergrype daar, en die onbekwame munisipale bestuurders en personeel word vir ‘n paar dae getrakteer in die Kaap deur mnr. Zuma om dan net so stil-stil weer herontplooi te word in hulle poste en dus geen “beheer” aan die blanke kundiges af te staan nie.
In ‘n verdere magstryd en manipulasiepoging van die ANC word die blanke Afrikaners oortuig dat die held Jonathan Jansen intree namens die blanke Reitz 4 – ‘n belaglikheid van studente-ondeundheid wat met die hulp van die drie News 24-koerante buite verhouding opgeblaas is om as afleiding te dien vir Jonathan Jansen se kreoliseringsbeleid in die vorm van koshuisintegrasie. Uit dankbaarheid word dit, tesame met die komende verengelsing van Kovsies, gelate aanvaar.
Terselfdetyd word die klagte van die swart studente wat die blanke meisiestudente gevloek het en met verkragting gedreig het terwyl hulle die meisies met bakstene gooi en jaag, dood geswyg.
Dan die Malemafaktor. Sy onbeteulde uitsprake en opstokery van die swart jeug om die blankes hartstogtelik te haat, word omonwonde gesteun deur die ANC – en mnr Zuma het sy beeld in die buiteland beskerm deur dit af te maak as onbelangrik en glimlaggend te sê: Malema is nog jonk hy sal nog leer!
Tot en met hier, loop die Mbekiplan wat 10 jaar terug in werking gestel is, klopdisselboom.
Die tragedie lê daarin dat ‘n groot gedeelte van die blanke bevolking – as gevolg van naïewe denke en vanuit ‘n onbetrokke gemaksone – verkies om nie raak te sien wat inderdaad besig is om te gebeur nie en onbewus kan bydra tot die vernietiging van die blanke beskawing in Suid-Afrika.
