Die president van Brasilië, Dilma Rousseff het voorgestel dat ‘n referendum oor politieke hervorming gehou word. Die afgelope dae is ‘n vlaag betogings in die land oor verskeie kwessies insluitend teenkanting teen die Wêreldsokkerbeker en FIFA, gehou. Rousseff het die moontlikheid van ‘n referendum genoem tydens ‘n betoging in Rio de Janeiro. Rousseff se voorstel
Zuma verdedig Angie se ywer
President Jacob Zuma het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga verdedig en gesê sy werk hard om die land se onderwys op koers te kry. Motshekga is reeds ‘n geruime tyd in die spervuur weens haar departement se onvermoë om skoolhandboeke in Limpopo te laat aflewer. Die onderwysersvakbond, Sadou het ook haar kop ge-eis
Bizos sal Mandela nie besoek nie
Oudpres. Nelson Mandela se goeie vriend, George Bizos, het besluit om hom nie by die hospitaal in Pretoria te besoek waar hy behandel word nie, het The Star Dinsdag berig. Bizos het aan die koerant gesê hy het Saterdag ‘n oproep van Mandela se vrou, Graca Machel, ontvang. “Sy het vir my gesê hy doen
ANC-lede ondersteun Malema glo
Julius Malema beweer dat senior leiers in die ANC hulle gewig by sy nuwe party ingegooi het, het EWN berig. Malema het Sondag op Radio 702/567 CapeTalk se Talk at Nine gesê senior lede van die ANC help hom. Malema het glo gesê dié leiers sal na vore tree wanneer die tyd reg is. Hy
‘Mandela het nog nie gevra om te gaan nie’
Verskeie familielede van oudpres. Nelson Mandela het hom Maandag by die hospitaal in Pretoria besoek waar hy in ‘n kritieke toestand verkeer. Sy eksvrou, Winnie Madikizela-Mandela, en sy dogter, Zindzi Mandela-Motlhajwa, het in ‘n goudkleurige BMW met blou polisieligte by die Harthospitaal in Pretoria aangekom. Een van sy ander dogters, Zenani Mandela-Dlamini, het vroeër in
Breë front in SA teen Obama-besoek
Die Amerikaanse president Barack Obama se komende besoek aan Suid-Afrika is Sondag deur vakbonde, politieke partye, en burgerlike organisasies veroordeel. “Ons stel dit kategories dat die besoek van die Amerikaanse president na Suid-Afrika is ‘n onwelkome besoek is, wat teengestaan moet word deur alle geregtigheids- en vredeliewende mense van hierdie land,” het die organisasies het
Snowden vlug na Moskou
Edward Snowden is tans in Moskou nadat hy uit Amerika gevlug het. Snowden het na bewering hoogsgeheime dokumente oor spioenasiebedrywighede verklap. Washington sê Snowden is ‘n nasionale veiligheidsbedreiging en moet in Amerika teregstaan op aanklagte wat verband hou met die openbaarmaking van beweerde spioenasiemetodes. Die voormalige kontrakteur vir die Amerikaanse NSA sê teikens van die
Obama se strategie vir Agang ingespan
Die maatskappy was die president van die VSA asook reuse maatskappye soos Pfizer, Verizon, Tampax en JPMorgan Chase onder sy korporatiewe kliënte tel, wil Agang help. Die nuwe politieke party wil dieselfde groep in sy politieke veldtog gebruik wat die Amerikaanse president Barack Obama gehelp het om sy land se verkiesing in 2008 te wen.
Minister prys Zim se grondhervorming
Thulas Nxesi, minister van openbare werke, het gesê Suid-Afrikaners kan leer uit Zimbabwe se grondhervormingsproses, het RSG Maandag berig. Hy het die algemene raad van die KwaZulu-Natalse SAKP in Pietermaritzburg toegespreek en onder andere kommentaar gelewer op die grondhervormingsproses in Zimbabwe. Nxesi het gesê sowat 200 000 kleinboere in Zimbabwe het grond oorgeneem wat aan
Apple help polisie met Oscar se foon
Die rekenaarreus Apple, staan die Suid-Afrikaanse polisie by om toegang te kry tot ‘n selfoon wat deur die moordbeskuldigde Oscar Pistorius gebruik is op die aand wat sy vriendin Reeva Steenkamp in sy huis doodgeskiet is. Pistorius hou vol dat hy nie die pinnommer kan onthou wat nodig is om die foon te ontsluit nie.
