‘Dik, verstikkende groen rook’

Image

Olieryke Angola

Vyf mense is dood en ‘n honderdtal gehospitaliseer in Luanda as gevolg van ‘n "ongeïdentifiseerde siekte" wat in Angola uitgebreek het. Die slagoffers kom almal uit dieselfde woonbuurt volgens ‘n verklaring wat in die hoofstad uitgereik is deur dié land se gesondheidsowerhede.

"Ons weet nie wat die oorsaak is op hierdie stadium nie," het die gesondheidshoof van Luanda, dr. Vita Vemba, oor die staatsradio gesê. Hy het ook aangekondig dat ‘n kommissie saamgestel sal word wat uit spesialiste, omgewingskenners en plaaslike leiers sal bestaan om ondersoek in te stel na die oorsake.

Lees verder: ‘Dik, verstikkende groen rook’

Byna te veel mense by PRAAG-dinee

Indringende gesprek Hoewel daar net sestig plekke beskikbaar was by Vrydagaand 2 November se PRAAG-dinee, het daar uiteindelik meer as sestig mense opgedaag van so ver as Clarens in die Vrystaat, Essen in Duitsland en Atlanta in die VSA. Tydens vraetyd Ná dr. Dan Roodt se toespraak waarin hy gewys het op internasionale voorbeelde van

Lees verder: Byna te veel mense by PRAAG-dinee

‘n Katolieke inval in Afrika?

Image

Juan Carlos en Mohammed VI,2005

Wie sê "dis geskiedenis" in die sin van iets vergeetliks, het dit mis. Vir die meeste mense, staatshoofde ingesluit, bly die geskiedenis steeds ‘n brandende kwessie en die voorgenome besoek van koning Juan Carlos van Spanje aan Sebta (Ceuta in Arabies) en Melilla het gemoedere in Marokko gaande.

Die Spaanse koning beplan om die twee enklawes in Afrika wat aan Spanje behoort op 5 en 6 November te besoek. Die twee kolletjies Spaanse grondgebied het internasionale nuuskommentare gehaal vanweë die toestroming van swart immigrante wat poog om Europa ten alle koste binne te dring deur Sebta en Melilla.

Lees verder: ‘n Katolieke inval in Afrika?

MDC Its Own Worst Enemy

It is a fact that intra-party squabbles and the tactics of one-upmanship have since time immemorial been known to leave political entities badly bruised and benumbed from self-inflicted blows. There is nothing to gain from internal strife but the opposition Movement for Democratic Change appears to have difficulty grasping this truism. For a long time,

Lees verder: MDC Its Own Worst Enemy

Racial tension rises in Italy

Three Romanians were in hospitals in Rome yesterday – one of them seriously injured – after being attacked by a masked, club-wielding gang on Friday night in the latest escalation of racial tension in Italy following the beating to death of a naval captain’s wife. The violence, condemned by local politicians, came as authorities in

Lees verder: Racial tension rises in Italy

Die komende permanente oliekrisis

ImageDie Amerikaanse geoloog L. King Hubbard het reeds gedurende die 1950s opgemerk dat die produksie van ru-olie normaalweg toeneem, deur ʼn maksimum gaan, en daarna afneem, asook dat geen investering of nuwe tegnologie die afname in produksie kan omkeer nie.  Hubbard se idees is dramaties in die VSA ervaar:  Amerikaanse ru-olie produksie (hoofsaaklik in Texas gedurende die 1970s) het ʼn maksimum in 1970 bereik, en ten spyte van meer gevorderde herwinningstegnieke en ʼn groter vraag, het dit vandag afgeneem tot net ʼn breukdeel van wat dit eens was.  Met die olieboikot tussen 1970 en 1975 was daar groot rede om produksie in Amerikaanse ru-olievelde op te stoot, maar geen hoeveelheid geld of nuwe tegnieke kon produksie vermeerder nie.

Lees verder: Die komende permanente oliekrisis

Padkaart na Afrikanervryheid 3

Toespraak gelewer op 2 November 2007 by die jaarlikse PRAAG-dinee, The Pinotage-restaurant, Centurion

ImageDeur vanaand oor die tema “ʼn Padkaart na Afrikanervryheid” te praat, wil ek juis sekere praktiese voorstelle maak oor hoe ons volk uiteindelik die vryheid wat hy in onlangse tye verloor het, kan herwin.

Die Afrikaner, miskien tot sy nadeel, is by uitstek pragmaties. In die onlangse verlede is hierdie pragmatisme deur ons vyande uitgebuit en word daar van ons verwag om in die aangesig van knellende anti-blanke wetgewing, geweld, verlies aan instellings en enige invloed op die staat ʼn soort hinderniswedloop te hardloop.

Lees verder: Padkaart na Afrikanervryheid 3

Rwanda se voortvlugtende moordenaars

ImageDie Internasionale Rwandese Misdaadhof probeer nou al jare lank om ’n klompie sleutelfigure in die volksmoord van 1994 aan te keer. Die hof is in 1995 in Tanzanië op die been gebring deur die Verenigde Nasies (VN) om diegene wat verantwoordelik was vir die volksmoord vir hul dade te laat boet. Amper ’n miljoen mense is dood in die konflik tussen Hutu’s en Tutsi’s wat Rwanda oor ’n tydperk van 100 dae in 1994 geteister het.

Heel bo aan die lys van misdadigers is die skatryk Félicien Kabuga, vir wie se arrestasie die VSA 5 miljoen dollar uitgeloof het. Hy was een van die meesterbreine agter die volksmoord. Hy het die invoer van kapmesse, grawe en wapens gefinansier waarmee mense doodgemaak is. Hy was verder die eienaar van Radio Télévision Libre des Mille Collines wat haat teen die Tutsi’s aangevuur het deur onder andere na hulle as “kakkerlakke” te verwys.

Lees verder: Rwanda se voortvlugtende moordenaars

Die swart diamante se fenomenale opkoms

Die jongste verslag van die All Media Products Survey (Amps) toon dat Suid-Afrikaners se inkomste oor die afgelope sewe jaar meer as verdubbel het. Swart verbruikers beskik nou oor 46,5% van verbruikerspotensiaal, in vergelyking met 40,4% vir blankes. Hierdie syfer gaan na verwagting oor die volgende vyf jaar verder styg.

Lees verder: Die swart diamante se fenomenale opkoms

Mbeki is ?bereid tot 3de termyn?

Die ANC-president, Thabo Mbeki, het so pas gister sy bereidheid om as derde termyn as dié party se leier aan te bly oor die SAUK-radio herhaal.

ANC-takke het begin met die proses om kandidate vir partypresident te benoem in aanloop tot die partykonferensie in Desember waar ’n nuwe leier gekies sal word. Die leierskapstryd het reeds verskeie binnegevegte in die party tot gevolg gehad en daar heers interne verdeeldheid as gevolg daarvan.

Wie ook al as die ANC-leiers verkies word, sal ook waarskynlik Suid-Afrika se nuwe president word.

Lees verder: Mbeki is ?bereid tot 3de termyn?