Olieryke Angola
Vyf mense is dood en ‘n honderdtal gehospitaliseer in Luanda as gevolg van ‘n "ongeïdentifiseerde siekte" wat in Angola uitgebreek het. Die slagoffers kom almal uit dieselfde woonbuurt volgens ‘n verklaring wat in die hoofstad uitgereik is deur dié land se gesondheidsowerhede.
"Ons weet nie wat die oorsaak is op hierdie stadium nie," het die gesondheidshoof van Luanda, dr. Vita Vemba, oor die staatsradio gesê. Hy het ook aangekondig dat ‘n kommissie saamgestel sal word wat uit spesialiste, omgewingskenners en plaaslike leiers sal bestaan om ondersoek in te stel na die oorsake.
Hy wou nie na enige spesifieke kwessies verwys nie en het verklaar dat hy sal wag tot ná die kommissie se verslag om verdere kommentaar te lewer. ‘n Onafhanklike finansiële blad was minder skugter as dr. Vemba. Wat
A Capital betref is die skielike uitbraak van die onbekende "siekte" te wyte aan besoedeling in die Cacuaco-buurt.
Twee weke gelede het inwoners van Cacuaco begin kla oor "dik, verstikkende groen rook" wat by die skoorsteen van ‘n klein petrochemiese fabriek in die omgewing uitborrel. Die direkteur van A Capital, Tandala Francisco, het dit aan Franse joernaliste bevestig. Die rook het intussen opgehou.
Pasiënte kla oor simptome soos moegheid en dat hulle aan die slaap wil raak, asook moeilik praat, word in die tydskrifartikel berig. Dr. Vemba het ‘n nuwe cholera-epidemie en die ebola-virus as moontlike oorsake vir die sterftes uitgesluit.
Die enigste olieraffinadery in olieryke Angola is in Cacuaco, maar die petrochemiese fabriek ter sprake is nie deel daarvan nie. Die fabriek behoort aan ‘n subkontrakteur van die nasionale oliemaatskappy Sonangol.
подоконник пластиковый купитьФільчаков Олександр Васильович