Vir Marokko sal die Spaanse koning se teenwoordigheid die voortsetting van die "herowering" van die Katolieke konings oor die More wees. Die twee enklawes is onderskeidelik sedert 1580 en 1496 ‘n verdelende kwessie tussen Spanje en Marokko. Marokko voel dat die twee stede nie aan die besetter behoort nie. In Sebta woon daar 74 000 Spaanse burgers en in Melilla 57 000.
Juan Carlos het nog nooit die stede besoek ná 1975 vandat hy as koning dien nie. Ook lede van die onderskeie Spaanse regerings het nog altyd ‘n verskoning gevind om nie daar aan te doen nie, maar die immigrantestormloop in 2005 het José Luis Rodriguez Zapatero genoop om in Februarie 2006 ‘n besoek aan die enklawes te bring.
Marokko het tydens sy besoek met uiterste beheersing gereageer omdat die twee lande se onlangse verhoudinge veral op gemeenskaplike kwessies betreffende immigrasie en anti-terreurmaatreëls gebou is. Die Spaanse minister van buitelandse sake het gister die huidige reaksie van Marokko probeer dedramatiseer en gesê dat die reis nie "goeie verhoudinge en hul strategiese dimensie sal aantas nie".
Sover dit Marokko aangaan, het ‘n segsman van buitelandse aangeleenthede egter daarna herhaal dat die besoek "jammer, onvanpas en ontydig" is. Verskeie groepe het aangedui dat hulle Maandag die voor die Spaanse ambassade sal betoog om druk op Spanje te verhoog asook sy "koloniale verlede" op te haal.
