‘n Wêreldwye peiling is onlangs gehou om die sewe wonders van die hedendaagse wêreld te kies. Van die sewe wonders van die antieke wêreld bestaan daar slegs nog een, naamlik die groot piramide by Gizeh.
Die ander wonders het ingesluit die hangende tuine van Babel en die lighuis by Alexandrië. Bykans 100 miljoen mense het deelgeneem aan ‘n internasionale stemmery. Die sewe wonders van die moderne wêreld is as volg gekies: die Groot Muur van China, die Taj Mahal in Indië, die Colosseum in Rome, die Christusbeeld in Rio de Janeiro, die Inka’s se stad Machu Picchu in Peru, die ruïnes van Petra in Jordanië en die stad Chichén Itzá in Meksiko.

Lees verder: Die agtste wonder van die w?reld