Dit is die mening van Mandisi Mpahlwa, minister van handel en nywerheid, wat gister die Suid-Afrikaanse-Italiaanse sakeforum toegespreek het. “Dit is ’n moeilike ding om te doen – iets waarvan daar nie baie voorbeelde bestaan nie – kyk net bietjie rond. Ons word deur die onverbiddelike realiteit in die gesig gestaar van ’n groot groep van ons bevolking wat nie kan deelneem nie, so ons het ’n manier bedink om te verseker dat hulle wel kan deelneem,“ het die minister voorts gesê.
Volgens Mpahlwa behoort suksesvolle maatskappye SEB vanselfsprekend toe te pas. Hy het verduidelik dat die regering se SEB-riglyne beoog om maatskappye by te staan wat nie “helderheid“ het oor hoe om bemagtiging toe te pas nie.
Senior regeringslui en meer as 120 sakelui uit Italië woon tans die forum by.
