Moenie SEB vrees nie

Image

Mpahlwa

“Ek wens altyd swart ekonomiese bemagting (SEB) kan reg verstaan word deur buitelandse beleggers – ons wil nie hê hulle moet bang wees daarvoor nie. Dit is ’n ekonomiese noodsaaklikheid om die demokrasie – wat so goed begin het – in stand te hou en ons moet verseker dat die voordele daarvan deur almal gedeel word en dat ons deelname aan die ekonomie uitbrei.”

 

Dit is die mening van Mandisi Mpahlwa, minister van handel en nywerheid, wat gister die Suid-Afrikaanse-Italiaanse sakeforum toegespreek het. “Dit is ’n moeilike ding om te doen – iets waarvan daar nie baie voorbeelde bestaan nie – kyk net bietjie rond. Ons word deur die onverbiddelike realiteit in die gesig gestaar van ’n groot groep van ons bevolking wat nie kan deelneem nie, so ons het ’n manier bedink om te verseker dat hulle wel kan deelneem,“ het die minister voorts gesê.

Volgens Mpahlwa behoort suksesvolle maatskappye SEB vanselfsprekend toe te pas. Hy het verduidelik dat die regering se SEB-riglyne beoog om maatskappye by te staan wat nie “helderheid“ het oor hoe om bemagtiging toe te pas nie.

Senior regeringslui en meer as 120 sakelui uit Italië woon tans die forum by.

casino slots downloadпрокурор харьковской области