Ian Smith, voormalige staatshoof van Rhodesië, is op die ouderdom van 88 in Kaapstad oorlede. Smith het in 1965 Rhodesië se eensydige onafhanklikheid van Brittanje uitgeroep. Hy was as eerste minister aan bewind todat ’n politieke skikking in 1979 bereik is. Tydens die verkiesing van die volgende jaar het Robert Mugabe eerste minister van die land geword.
Smith, wat in 1976 nog verklaar het dat hy nie geglo het dat swart meerderheidsregering ooit ’n werklikheid in die destydse Rhodesië sou word nie, het tot teen die einde van sy lewe ’n uitgesproke teëstaander van Mugabe gebly. Hy het sowat vier jaar gelede weens gesondheidsredes na Kaapstad getrek. Mugabe het verskeie kere oor die afgelope paar jaar na Smith verwys en gesê hy was gelukkig dat “sy kop nie afgekap is nie.”

Lees verder: Die strydros Ian Smith oorlede