Suid-Afrika se trots

ImageDie Universiteit van Kaapstad (UK) is deur die Times Higher Education Supplement se World University Rankings aangewys as nommer 200 op die lys van die wêreld se beste universiteite. Dit is die enigste universiteit in Afrika wat op die lys verskyn. Verlede jaar was Kaapstad in die 257ste plek, maar die instelling het intussen met 57 plekke gevorder.

Volgens prof Cheryl de la Rey, adjunkviserektor van die universiteit, is hulle “trots” dat UK op die lys verskyn. “Dit is ’n geweldige eer vir die Universiteit van Kaapstad,” het sy gesê. Met die opstel van die ranglys kyk onderwyskenners na die evaluering van universiteite deur internasionale akademici, die aantal internasionale personeellede en studente, asook die navorsing wat gelewer word.

Verder word 1 482 internasionale maatskappye gevra om die universiteite te noem wie se gegradueerdes hulle sou verkies om in diens te dien. UK het goed presteer in hierdie jaar se navorsingsafdeling en ook ten opsigte van die aantal buitelandse lektore en studente. Volgens De la Rey hou die Universiteit van Kaapstad verder rekord van hoe lank dit hulle studente neem om hulle grade te behaal, wat met hulle ná die verwerwing van hul kwalifikasies gebeur en hoe die arbeidsmark na hierdie kandidate kyk.

Amerikaanse en Britse universiteite het vanjaar die eerste tien plekke op die lys ingeneem. Harvard was in die eerste posisie, gevolg deur Cambridge en Oxford gesamentlik in tweede posisie. Dertien Amerikaanse universiteite verskyn op die lys van die top 20 instellings en ’n totaal van 32 Britse universiteite het die lys van die beste 200 instellings gehaal.

online slotsлобановский александр

Maak 'n opvolg-bydrae