‘n Professor aan die Universiteit van Johannesburg is het glo sy moordenaar ingenooi, berig Eyewitness News. Dr. Carl Mischke se bebloede lyk is Maandagoggend met verskeie steekwonde in Norwood gevind. Die polisie ondersoek die moord as deel van ‘n reeks moorde op gay mans in Kaapstad en Gauteng. Mischke is die negende gay slagoffer in
Diesel-superster!
Dieselmotors is ‘n groot besigheid in Suid Afrika. Mercedes was al van die begindae van dieselaangedrewe motors van die leiers op die gebied. So ‘n paar jaar gelede het een van die ander drie Duitsers, Audi, besluit om diesel en motorsport as een pakket te begin bemark. Audi het groot sukses met hulle dieselaangedrewe Le
VF+ eis bedanking van Midvaal-burgemeester
Die VF Plus het vandag in ‘n sterk bewoorde verklaring geëis dat die burgemeester van Midvaal, mnr Timothy Nast, moet bedank. Mnr Corrie Pypers, VF Plus raadslid vir Midvaal het gesê dat klagtes oor wanadministrasie sedert 2005 gedurende 2009 aan die Openbare Beskermer gerapporteer is en vandat Nast in 2009 as burgemeester verkies is, is
Texas-ontploffing: Dodetal kan styg
Volgens die jongste berigte istussen 60 tot 70 mense is dood toe ‘n reuse-ontploffing ‘n kunsmisaanleg naby Waco, Texas geruk het, sê plaaslike mediabronne. Inwoners vrees ook dat ‘n tweede tenk by die aanleg in die dorp West, Texas, kan ontplof. Tientalle huise in die gebied is in puin gelê en ‘n ouetehuis met meer
Duitse werkers met ‘geskenk’ vergiftig
Vyf-en-twintig mense is in ‘n hospitaal in Berlyn in Duitsland opgeneem nadat hulle broodrolletjies met rottegif daarin, geëet het. Die rolletjies is by hulle maatskappy as ‘n geskenk afgelewer. Die werkers is van Mueller Technik, ‘n motoronderdele maatskappy in die noordwestelike dorp Steinfeld, Nedersakse. Die boks van toebroodjies is vergesel deur ‘n nota wat sê
Zuma na Tsjad om SAR te bespreek
President Jacob Zuma woon vandag ‘n vergadering van die streeksleiers van die Ekonomiese Gemeenskap van Sentraal Afrikaanse state in Tsjad by om die krisis in die Sentraal Afrikaanse Republiek te bespreek. Dit volg na die staatsgreep in die S.A.R waarin 13 Suid-Afrikaanse soldate dood is toe rebelle die bewind van president Francoise Bozize omver gewerp
Marikana: Polisie hét geskiet wys verslag
‘n Polisieverslag het bevestig dat beamptes 34 stakende mynwerkers by Marikana doodgeskiet het, het die Farlam-ondersoekkommissie Woensdag gehoor. Dumisa Ntsebenza, vir die families van die oorledenes, het gesê die verslag wys dat die polisie nie die bewering betwis het dat hulle die mynwerkers doodgeskiet het nie. Die argument het gegaan oor die omstandighede rondom die
Boston-verdagte geïdentifiseer
‘n Verdagte is naby die toneel van die tweede bomontploffing by die Boston-marathon geïdentifiseer, het die plaaslike media berig. Volgens die Boston Globe het die persoon ‘n swart sak naby die toneel gedra. CNN het ook berig dat die verdagte geïdentifiseer is op ‘n kringtelevisiekamera van ‘n winkel, wat geleë is naby die toneel van
Skoolhoof terug na porno-klagte
Die skorsing van ‘n skoolhoof wat daarvan beskuldig is dat hy pornografie aan ‘n leerder gewys het, is opgehef, het die departement van onderwys in Gauteng gesê. Charles Phahlane, woordvoerder van die departement, het gesê daar was geen gronde om ‘n interne tugproses te begin nie, omdat die bewerings nie gestaaf kon word nie. Die
Talle draai hul rûe op Thatcher se kis
Tienduisende roubeklaers het Woensdag in Sentraal-Londen saamgekom om te kyk hoe die voormalige premier, Margaret Thatcher, se kis tydens ‘n prosessie na die St. Paulus-katedraal geneem word. As ‘n teken van die bitterheid wat haar nalatenskap steeds uitlok, het groepies in die skare hul rug gedraai toe die begrafnisstoet verby beweeg het. Hulle het slagspreuke
