Duitse werkers met ‘geskenk’ vergiftig

Vyf-en-twintig mense is in ‘n hospitaal in Berlyn in Duitsland opgeneem nadat hulle broodrolletjies met rottegif daarin, geëet het.

Die rolletjies is by hulle maatskappy as ‘n geskenk afgelewer. Die werkers is van Mueller Technik, ‘n motoronderdele maatskappy in die noordwestelike dorp Steinfeld, Nedersakse.

Die boks van toebroodjies is vergesel deur ‘n nota wat sê dis ‘n geskenk en mense moet hulself help daaraan.

Werknemers het begin eet van die toebroodjies, wat met kaas en wors gevul was. Dit was eers in die middag dat een van die werkers opgemerk het daar is ‘n vreemde stof op hulle, en die polisie gekontak het.

Toetse wat op die brood gedoen is, toon dat dit wel rottegif bevat.

Die personeel se gesondheid is nie ernstig aangetas nie. Die polisie het bevestig dat die oorsprong van die gif ondersoek word.

Maak 'n opvolg-bydrae