‘n Professor aan die Universiteit van Johannesburg is het glo sy moordenaar ingenooi, berig Eyewitness News.
Dr. Carl Mischke se bebloede lyk is Maandagoggend met verskeie steekwonde in Norwood gevind.
Die polisie ondersoek die moord as deel van ‘n reeks moorde op gay mans in Kaapstad en Gauteng.
Mischke is die negende gay slagoffer in dié reks moorde.
Die 47-jarige Mischke gee klas in Arbeidsreg.
Die polisie het moorde in Kaapstad met dieselfde bende verbind. Brig. Neville Malila, polisiewoordvoerder, het gesê Mischke se dood word ondersoek.
