Tyd: Die Marikana-ondersoek se kopseer

Die Marikanakommissie het Maandag in die afwesigheid van die gestorwe mynwerkers se familielede, die verkeerde perd opgesaal: Hulle het elke les uit hul eie WVK vergeet. Adv. George Bizos wat die Legal Resources Centre en die Bench Marks-stigting in dié ondersoek na die dood van 34 mynwerkers by die Lonmin-myn op 16 Augustus, verteenwoordig, sê

Lees verder: Tyd: Die Marikana-ondersoek se kopseer

Cwele sit 20 jaar langer na die ywer van ‘n wit ma

Sheryl Cwele en haar medebeskuldigde se tronkstraf is tot 20 jaar verleng, danksy die voorgesette ywer van ‘n wit ma. Cwele, die voormalige vrou van die minister van Staatsveiligheid, Siyabonga Cwele, en Frank Nabolisa, ‘n Nigeriese burger, het saamgesweer om dwelms te verhandel en is ook skuldig aan aanhitsing tot die handel in gevaarlike middels.

Lees verder: Cwele sit 20 jaar langer na die ywer van ‘n wit ma

Emosionele begrafnis vir Corrie Sanders

Honderde vriende en familielede van Corrie Sanders het in die Wonderpark NG-kerk in die noorde van Pretoria vir die bokslegende se begrafnis byeengekom. Skyfies van die boksheld is op ‘n muur vertoon terwyl Josh Groban se liedjie “You raise me up” in die agtergrond gespeel het. Sy ma, Alida, en broer, Mike, het saam met

Lees verder: Emosionele begrafnis vir Corrie Sanders

Jeugliga sal Woensdag top posisies bekendmaak

Die ANC-jeugliga sal Woensdag hulle benoemings vir die ANC-leierskap bekendmaak, het Thabo Kupa, woordvoerder, gesê. “Ons gaan Woensdag ‘n groot aankondiging maak in terme van die leierskap vir die land,” het hy Maandag gesê. Hy het bewerings ontken dat die liga se nasionale uitvoerende komitee (NUK) reeds besluit het oor hulle benoemingslys vir die ses

Lees verder: Jeugliga sal Woensdag top posisies bekendmaak

Gustav Venter se ‘Alrina Smal’ verskyn

Alrina Smal is ‘n liberale, welgestelde vrou wat in Northcliff, Johannesburg woon. As sy deur ‘n swartman in haar eie huis aangerand word, ontwikkel sy ‘n fobie jeens alle swartmense wat haar man en diegene rondom haar al moeiliker vind om te hanteer. Sy word deur die briljante, byderwetse doktor Ters van Jaarsveld behandel, maar

Lees verder: Gustav Venter se ‘Alrina Smal’ verskyn

Marikana-ondersoek begin vandag

Die Kommissie van Ondersoek na die Marikana skietery begin vanoggend met ‘n inspeksie van die gebied waar 34 mynwerkers op 16 Augustus in skermutselings met die polisie dood is. Die sittings sal by die burgersentrum in Rustenburg plaasvind. Die opdrag van die Kommissie is om te bepaal watter rol die mynmaatskappy Lonmin, die polisie, en

Lees verder: Marikana-ondersoek begin vandag

DA diskrimineer blatant teen wittes in Kaapstad

Regstellende aksie en die implementering daarvan deur die DA-beheerde Stad Kaapstad het interessante feite na vore gebring. Op ‘n vraag van mnr. André Fourie, raadslid vir die VF Plus in Stad Kaapstad, het die DA se burgemeester Patricia de Lille bevestig dat die Wes-Kaap demografiese syfers en nie die nasionale syfers as riglyn gebruik word.

Lees verder: DA diskrimineer blatant teen wittes in Kaapstad

Voedseltekorte kan lei tot geweld, sê supermarkbaas

Soos voedselpryse styg as gevolg van die sukkelende internasionale en plaaslike ekonomieë, moet Suid-Afrikaners ook begin om bekommer oor die beskikbaarheid van iets om te eet. Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay, het gewaarsku dat die land uiters kwesbaar is en al wat nodig is om voedselsekuriteit aan te tas, is een ernstige droogte.

Lees verder: Voedseltekorte kan lei tot geweld, sê supermarkbaas