Red Pretoria se naam!

Die VF Plus het ‘n beroep op alle taal- en kultuurorganisasies, kerke, skole, inwoners van Pretoria, sakemanne en Afrikaner-organisasies gedoen om die party te help om Pretoria se naam te red.

Die leier van die VF Plus in Pretoria, rdsl Philip van Staden, het ‘n beroep gedoen op almal wat die geskiedenis van Pretoria koester, om eerskomende Saterdag 06 Oktober 2012, in groot getalle regoor die stad op te ruk wanneer openbare deelname plaasvind oor die verandering van Pretoria se naam na Tshwane.  Dit is ‘n gulde geleentheid vir alle belanghebbendes om hulle misnoeë met die proses uit te spreek en om te verhoed dat die naamsverandering plaasvind.

“Indien ons in groot getalle opruk moet daar met ons misnoeë rekening gehou word en kan die ANC nie net maak wat hulle wil en Pretoria se geskiedenis vertrap nie. ‘n Wen-wen oplossing moet gevind word anders het die VF Plus geen keuse as om die saak weer in die hof aan te voer nie”.

Openbaredeelnamevergaderings vind plaas by die volgende plekke en tye:

09:00 Centurion Raadsaal h/v Rabie- en Basdenstrate, Lyttelton – oorkant Unitas-hospitaal

10:00 Stadsaal Pretoria h/v Paul Kruger en Visagiestrate;

09:00 Bronkhorstspruit Sport Sentrum;

09:00 KT Motubatse Gemeenskapsaal;

09:00 Suurman Gemeenskapsaal;

09:00 Refilwe Gemeenskapsaal; en

09:00 Rethabile Gemeenskapsaal.

Die VF Plus het ‘n beroep op almal gedoen, wat die vergaderings gaan bywoon, om aan te dring dat ‘n teenwoordigheidsregister onderteken moet word.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae