Marikana-ondersoek begin vandag

Die Kommissie van Ondersoek na die Marikana skietery begin vanoggend met ‘n inspeksie van die gebied waar 34 mynwerkers op 16 Augustus in skermutselings met die polisie dood is.

Die sittings sal by die burgersentrum in Rustenburg plaasvind. Die opdrag van die Kommissie is om te bepaal watter rol die mynmaatskappy Lonmin, die polisie, en die twee vakbonde Amcu en die N-U-M in die voorval gespeel het.

Die Kommissie staan onder voorsitterskap van afgetrede regter Ian Farlam. Dié naweek het die regskenner Shadrack Gutto gesê dit is verkeerd om te wag dat die regterlike kommissie van ondersoek na die gebeure by Marikana sy ondersoek afhandel vóór regstappe gedoen word.

Gutto sê strafregtelike ondersoeke deur wetstoepassingsagentskappe moes reeds begin het. Hy sê daar moet gevra word waarom die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag nog nie opgetree het nie.

Gutto sê teen die tyd wat die kommisie van ondersoek afgehandel is, is die bewysstukke op die toneel en elders vernietig of nie meer betroubaar nie.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae