Namibië is ‘n land wat selde die internasionale nuus haal. Dit is ook een van die mees yl-bevolkte plekke op aarde. Dit is ‘n plek wat deur twee verskillende buitelandse magte in die laaste eeu beheer is. Totdat die Eerste Wêreldoorlog was dit ‘n Duitse kolonie. Daarna het die naburige Suid-Afrika beheer oorgeneem en ook
Welkom in die nuwe hoofstad van die EU
Berlyn is die aangewese stad om Europa se hoofstad te wees. Die nuwe regeringsgeboue, die kanselier se kantoor, die Bundestag en die ministerie van buitelandse sake is meesterstukke van glas en natuurlike lig, deursigtigheid en gemodereerde inspraak. Die Ministerie van Finansies is weliswaar in die ou hoofkwartier van die Luftwaffe. Die wonderlikste argitektuur – Unter
Zuma stel nuwe grondhervormingsplan bekend
President Jacob Zuma het Maandag ‘n nuwe grondhervormingsplan in Pretoria bekend gestel. “Dit is ‘n innoverende voorstel wat getoets moet word,” het hy tydens die eerste jaarvergadering van die African Farmers’ Association of SA (Afasa) gesê. Die plan stel voor dat elke distrik verantwoordelikheid neem vir grondhervorming en die finansiering daarvan. “Elke distrik moet ‘n
Eskom gaan Biliton se goedkoop krag staak
Eskom gaan binne ‘n week die nasionale energiereguleerder (NERSA) vra om die kontrak waarvolgens hy krag spotgoedkoop, glo onder kosprys, aan BHP Billiton se smelters lewer, te hersien. Die smelters neem meer as 1 000 MW van die land se huidige opwekkingsvermoë van 42 000 MW op, het Sake24 berig. Die reguleerder het volgens Mohammed
China slaan kontrak vir lokomotiewe los
Die regering het ‘n kontrak aan ‘n Chinese konsortium CSR Zhuzhou Electric Locomotive (CSR), toegeken om 95 elektriese lokomotiewe te bou. Die lokomotiewe sal deur Transnet se vragvervoer ingespan word, het Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, verklaar. CSR sal saam met Matsetse Basadi, ‘n Suid-Afrikaanse sakeonderneming, die bou van die lokomotiewe onderneem. CSR besit
Sanders se vermeende moordenaars verskyn
Drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die bokslegende Corrie Sanders, sal op 13 November weer in die hof verskyn, het die SABC berig. Sanders, ‘n wêreldkampioenbokser, is verlede maand tydens ‘n rooftog by ‘n restaurant geskiet. Hy het later aan sy woonde beswyk toe hy mediese behandeling by
Ontploffing gereël om te ontsnap
Die departement van Korrektiewe Dienste ondersoek die moontlikheid van interne betrokkenheid nadat drie gevangenes gistermiddag dood en 14 beseer is toe die voertuig waarin hulle na die Johannesburgse tronk vervoer is, ontplof het. Die voertuig het 36 verhoorafwagtende gevangenes van die Randburgse landdroshof na die Sentrale Gevangenis in Johannesburg vervoer. Die woordvoerder van die polisie,
Deurbraak teen MIV/Vigs
Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het ‘n deurbraak gemaak in die stryd teen MIV/VIGS met ‘n ontdekking dat sommige mense se liggame, teenligame kan vervaardig wat sekere tipes HIV kan neutraliseer. Navorsers van die sentrum vir VIGS navorsing en die Nasionale Instituut vir oordraagbare siektes het uitgevind dat unieke veranderings aan die MI-virus daartoe kan lei dat teenligame
Eskom vra vir 16% verhoging
Die kragreus Eskom het gevra vir ‘n jaarlikse tariefverhoging van 16% vir die volgende vyf jaar, is Maandag bekendgemaak. Dit sal die prys van elektrisiteit van 61 c per kilowatt-uur in 2012/13 tot R1,28 per kilowatt-uur in 2017/18 verhoog. Eskom het sy aansoek vir die tariefverhoging by Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ingedien. Die huidige multijaar-prysvasstellingsmodel eindig
Internasionale regskenner sê Bush en Blair is oorlogsmisdadigers
‘n Vooraanstaande internasionale regskenner sê die voormalige Amerikaanse president George W. Bush en die voormalige Britse premier Tony Blair is skuldig aan misdade teen vrede, oorlogsmisdade en marteling. In November 2011, het die Kuala Lumpur-tribunaal, waarin Francis Boyle, ‘n professor van internasionale reg aan die Universiteit van Illinois dien, die vervolgingspan gelei, wat bevind het
Lees verder: Internasionale regskenner sê Bush en Blair is oorlogsmisdadigers
