China slaan kontrak vir lokomotiewe los

Die regering het ‘n kontrak aan ‘n Chinese konsortium CSR Zhuzhou Electric Locomotive (CSR), toegeken om 95 elektriese lokomotiewe te bou.

Die lokomotiewe sal deur Transnet se vragvervoer ingespan word, het Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, verklaar.

CSR sal saam met Matsetse Basadi, ‘n Suid-Afrikaanse sakeonderneming, die bou van die lokomotiewe onderneem. CSR besit 70% en Matsetse Basadi die res.

Die lokomotiewe sal glo tussen Desember 2013 en September 2014 gelewer word.

Die eerste tien lokomotiewe sal in CSR se fabrieke in China vervaardig word, en die res plaaslik. Die Suid-Afrikaanse regering het ‘n hoë plaaslike inhoud vereis en plaaslike verskaffers moes 60,5% van die totale waarde van die kontrak hou.

Die lokomotiewe is deel van Transnet se beleid om vragvolume binne sewe jaar van 201 miljoen ton per jaar tot 350 miljoen ton te verhoog. Die maatskappy belê tans R300 miljard in ‘n beleggingsprogram van sewe jaar.

Nog kontrakte vir die vervaardiging van 465 diesel-lokomotiewe en 599 elektriese lokomotiewe sal aanstons bekend gemaak word.

данильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae