Die smelters neem meer as 1 000 MW van die land se huidige opwekkingsvermoë van 42 000 MW op, het Sake24 berig.
Die reguleerder het volgens Mohammed Adam, hoof van regulatoriese sake by Eskom, die bevoegdheid om die kontrak ter syde te stel. Daar sal egter
eers ‘n voorgeskrewe proses gevolg moet word voor ‘n besluit geneem kan word, het Adam gesê.
Brian Dames, uitvoerende hoof van Eskom, het gesê die ooreenkoms is in die negentigerjare gesluit, toe die omstandighede baie anders was. Dit sluit ondermeer Bayside, Hillside I in wat deur Mandela geopen is, in. Hillside II, en MOZAL I en II was later.
Dit is bekend dat die land toe ‘n effense oorskot krag gehad het en goedkoop elektrisiteit gebruik is as lokaas om buitelandse beleggers na die land te lok. Die oorskot was nie groot nie, want ou stasies Candom, Grootvlei en Komati is gesluit.
Dames het gesê dit was nie ‘n Eskom-besluit nie. “Dié goed word alles eers na die aandeelhouer – die regering – geneem.”
Sake24 het meer as twee jaar gelede ‘n hofaansoek gebring in terme van die Wet op Toegang tot Inligting, om Eskom en BHP Billiton te dwing om bekend te maak teen watter tarief die krag gelewer word en wie die ooreenkoms namens Eskom onderteken het.
BHP Billiton staan die aansoek teen en dit is steeds nie afgehandel nie.
Die eerste ooreenkoms tussen Eskom en BHP Biliton was moontlik deur mnr Mick Davis onderteken wat betrokke was as Finansiele Direkteur van Eskom. Davis het daarna by Ingwe-Gencor Biliton ‘n toppos losgeslaan. Davis werk nou vir Xstrata en Glencore.
Daar was volgens ingeligte bronne gewis meer as een kragkontrak tussen Eskom en BHP Billiton. Dit sluit glo ooreenkomste tussen Eskom en Gencor (later Biliton) vir Alusaf se Hillside II projek in.
In 1999 het Biliton reeds die versekering gehad, vanaf president Mandela, dat ‘n Biliton-aliminumsmelter in Mosambiek ook Eskom- en ander Suid-Afrikaanse finansiele voordele sou kon bekom. (Korrek)
Xolani Mkhwanazi was destyds die HUB van NERSA. Mkhwanazi moes volgens wet dus die kragtariefkontrakte vir Mozal I, Hillside II en Mozal II onderteken het. Na daardie kontrakte het Mkwanazi as HUB van NERSA in 2004 bedank, en ‘n jaar later word dieselfde Mkwanazi HUB van BHP-Biliton Aluminium Suid-Afrika waar hy steeds dien.
Vandag is Xolani Mkwanazi voorsitter van BHP-Biliton Suid-Afrika, asook President van die Kamer van Mynwese.
Let daarop dat BHP-Biliton se ingevoerde aluminiumerts vir BHP-Biliton se aluminium smelters in Suid-Afrika en Mosambiek uit Australie kom, en dat Suid-Afrikaanse mynprodukte soos chromiet na China uitgevoer word, omdat daar nie genoeg krag in Suid-Afrika oor is om die Suid-Afrikaanse chroomerts hier te verryk met Suid-Afrikaanse krag en reduktant nie.
Die duur reduktant vir die ingevoerde aluminiumerts word ook deur BHP-Biliton na Suid-Afrika ingevoer.
Mkhwanazi se huidige hoofposisies by beide BHP-Biliton en tergelykertyd die Suid-Afrikaanse Kamer van Mynwese, verteenwoordig ook botsende belange, ter waarde van miljarde Rande, tot nadeel van die Suid-Afrikaanse ekonomie, meen kenners. As gevolg van die groot hoeveelhede Australiese bauxiet, behoort Mkhwanazi van BHP na regte die President van die Australiese Kamer van Mynwese te wees.
Dit mag ‘n openbare verleentheid word dat beide Eskom/NERSA bestuurders daarna deur Biliton in hoogs besoldigde bestuursposisies aangestel is.
Eers is Davis, en toe Mkwanazi beloon vir hul bydraes tot Gencor/Biliton. Daardie winste het BHP-Biliton moontlik gemaak. Die bedryf het aansienlike winste met goedkoop Eskomkrag en duur Australiese erts gegenereer.
Dames het gesê Eskom het geruime tyd met BHP Billiton probeer onderhandel om die ooreenkoms te hersien en reken die tyd is nou ryp om hom na die reguleerder te wend. “Dit beteken nie ons kan nie steeds met hulle bestuur praat nie. BHP Billiton het ‘n nuwe, jong bestuurspan en ons kan nog met hulle praat.”
