Inheemse tale kry ‘n knou, wys sensus 2011

Inheemse tale het ‘n geweldige knou gekry, toon die jongste sensusuitslae. Met ‘n afname in die gebruik van Zoeloe, Sepedi, Sotho, Tswana en Swati, sê die hoof van die Universiteit van die Witwatersrand taalskool, Nhlanhla Thwala: “Onderrig vir leerlinge in hul moedertaal is noodsaaklik om te verseker dat sukses by skole en tersiêre instellings bereik

Lees verder: Inheemse tale kry ‘n knou, wys sensus 2011

‘n Mynbaas kry R37miljoen p.j.

Die voorsitter van die parlementêre komitee oor mynbou, Fred Gona het ‘n beroep op mynbase gedoen om hulle te weerhou van hy genoem het, die ondermyning van die kollektiewe bedingingsproses en die Mynbouhandves. Gona het tydens ‘n parlementêre debat oor die huidige krisis in die mynbedryf en die uitwerking daarvan op die ekonomie gesê mynbase

Lees verder: ‘n Mynbaas kry R37miljoen p.j.

Afrika se waters raak al hoe gevaarliker

Diefstal deur seerowers in Wes-Afrika het nie net verdubbel nie, maar ook ‘n strategiese verandering ondergaan, meen ‘n verslag wat Vrydag deur die Atlantiese Raad vrygestel is. Die Atlantiese Raad is ‘n Amerikaanse organisasie wat hom toespits op internasionale aangeleenthede vanuit Washington. Luidens die verslag is daar nou meer en meer gewelddadige aanvalle deur seerowers

Lees verder: Afrika se waters raak al hoe gevaarliker

Jonathan Jansen gooi die hele vark

Namate ‘n mens ouer word, word dit al hoe makliker om kanse te vat wanneer bewerings oor die verlede gemaak word. Baie van die mense wat van beter geweet het en dus wilde stellings kon teëspreek, kan dit nie meer doen nie omdat hulle dood is. Jonathan Jansen is ‘n rubriekskrywer in Media24 se koerante.

Lees verder: Jonathan Jansen gooi die hele vark

VSA gaan op ‘jeugborrel’ konsentreer

Bykans 60% van Suid-Afrika se bevolking is onder die ouderdom van 35, het die Sensus 2011 getoon. Die persentasie kinders van vier jaar en jonger is groter as enige ander groep, waarskynlik ‘n direkte gevolg van maatskaplike toelaes wat hierdie enorme aanwas aanhelp. Meer as 5,6 miljoen Suid-Afrikaners is onder die ouderdom van vier, terwyl

Lees verder: VSA gaan op ‘jeugborrel’ konsentreer

Sensus wys rykdom, ongelykhede

Die skokkendste syfers in die Sensus 2011-dokument is die data oor die inkomstegapings tussen rasse- en geslagsgroepe, het Trevor Manuel, beplanningsminister in die presidensie, Dinsdag gesê. Hoewel inkomstegapings groot is, het dit hom nie verbaas nie. “Dit bevestig ons ergste vrese en ek dink dit skep ‘n enorme uitdaging…,” het Manuel aan verslaggewers in Kaapstad

Lees verder: Sensus wys rykdom, ongelykhede

Poolse lugramp: Sleutelgetuie opgehang

‘n Poolse parlementêre ondersoek na die President Lech Kaczynski se vliegtuigongeluk in Smolensk in 2010 oorweeg om ‘n getuiebeskermingsprogram te loods nadat ‘n vlugingenieur wat kritiese getuienis sou lewer opgehang gevind is in sy huis in Warskou. Die liggaam van Remigiusz Mus, ‘n 42-jaar-oue lugvaart-ingenieur, is Saterdag deur sy vrou in die kelder van hul

Lees verder: Poolse lugramp: Sleutelgetuie opgehang

Griekse regses het glo polisie geïnfiltreer

‘n Senior Griekse polisiebeampte beweer die verregse Goue Daeraad-party het die polisie geïnfiltreer op verskillende vlakke. Hy het die blaam gelê op vorige regerings en die leierskap van die polisie wat hulle blind hou vir “fascistiese klieke”. In gesprekke met die Guardian op voorwaarde van anonimiteit, het die beampte gesê die Griekse staat is ten

Lees verder: Griekse regses het glo polisie geïnfiltreer

Superstorm Sandy saai verwoesting

President Obama moes sy reisplanne afstel nadat Orkaan Sandy teen die ooskus van die VSA woed, grootskaalse oorstromings veroorsaak, en New York in duisternis gelaat het. Die “superstorm” het reeds talle lewens geëis. Stede aan die ooskus is gedeeltelikk lamgelê deur die “superstorm”. Skole bly gesluit en daar is geen openbare vervoer nie. Deel van

Lees verder: Superstorm Sandy saai verwoesting

Kaapstad in duisternis na kragprobleme

Dele van Kaapstad se suidelike voorstede is Maandag in donkerte gehul, het die stad Kaapstad gesê. Kylie Hatton, woordvoerder van die stad, het gesê ‘n fout by ‘n elektrisiteit-skakelstasie is die oorsaak van die kragonderbreking. Gebiede wat geraak word, is Heideveld, Bonteheuwel, Epping, Thornton, Langa, Belgravia, Crawford, Rondebosch-Oos, die Vanguard-rylaan-gebied in die rigting Nuweland, Mowbray,

Lees verder: Kaapstad in duisternis na kragprobleme