In gesprekke met die Guardian op voorwaarde van anonimiteit, het die beampte gesê die Griekse staat is ten volle bewus van die aktiwiteite van die Goue Daeraad al vir ‘n paar jaar lank, met die Nasionale Intelligensiediens en ander sekuriteitsagentskappe wat hulle dophou. Die staat, het hy gesê, wil die fascistiese elemente “in reserwe” hou en hulle gebruik vir sy eie doeleindes.
Die beampte het gesê hy glo dat lede van die Goue Daeraad gebruik kan word om teen die Griekse linkses op te tree, om die gewilde straatprotes teen die regering en die soberheidsmaatreëls wat deur die EU ingestel is, te bekamp. Hy het sy oortuiging uitgespreek dat die neo-fascistiese groepe dalk reeds opgetree het as provocateurs tydens demonstrasies regoor die land, en botsings tussen betogers en die polisie of selfs tussen betogers uitlok.
‘n Woordvoerder vir die Griekse polisie, Christos Manouras, ontken die polisie se gebruik van “enige politieke groep teen enige ander”. Manouras verwerp die bestaan van “fascistiese klieke” en sê dat geen onwettige gedrag geduld sal word nie.
Hy het toegegee dat “individuele gevalle kan oral en by enige werkplek gevind word”. Manouras sê: “Jy moet daarop let dat – in ooreenstemming met die Grondwet en wette van die Griekse republiek – kan slegs onwettige dade vervolg word en gestraf word. Dieselfde is nie van toepassing op politieke houdings nie, selfs al word dit beskou as ‘ekstreem’ deur die ander partye en die oorweldigende meerderheid van die openbare mening.”
Goue Daeraad het 6,9% van die stemme in verkiesings in Junie ingepalm, met 18 setels in die parlement, maar ‘n onlangse meningspeiling deur navorsingsmaatskappy VPRC sê die party se steun het sedertdien verdubbel.
Menseregtegroepe beskuldig die Griekse polisie van samespanning met die groep. Hulle het vroeër hierdie week in ‘n verslag oor die rassistiese geweld deur Recording Network, ‘n groep wat bestaan uit 23 NRO’s en die VN se hoë kommissaris vir vlugtelinge, uitgelig dat gewelddadige voorvalle waarby die polisie betrokke is en rassistiese geweld oorvleuel.
