President Obama se herverkiesing het in verskeie lande tot groot verligting gelei. Benewens die Britse premier David Cameron se erkende noue bande met die Amerikaanse leier, het Angela Merkel en Francois Hollande ook hul tevredenheid uitgespreek oor die uitslag. In Australië was die reregring merkbaar bly, maar moontlik nie vir dieselfde redes as in Europa
Tragedie tref Amerikaanse rockgroep se konsert in Kaap
‘n Vrou is dood en 19 ander beseer toe 15 m hoë steierwerk Woensdagaand by die besoekende groep Linkin Park se konsert, meegegee het. Twintig mense is beseer nadat die steierwerk deur ‘n sterk wind omgewaai is, het die stad Kaapstad en Big Concerts in ‘n verklaring gesê. Mense was glo onder die staalstukke vasgekeer
Lees verder: Tragedie tref Amerikaanse rockgroep se konsert in Kaap
Obama, die oordeel van God?
Is die verkiesing van Barack Obama as president van Amerika een van die nege vloeke is wat Amerika gaan tref? Rabbi Jonathan Cahn, ‘n messiaanse Christen-Jood van New York, skryf in sy omstrede boek “The Harbingers”, van die nege vloeke wat Amerika gaan tref, analoog aan die nege vloeke wat Israel getref het, na die
Boer vas wat op oproermakers in De Doorns skiet
‘n Wes-Kaapse boer is vir poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n skoot geskiet het op oproermakers in De Doorns, sê die polisie. “Die plaaseienaar is vir poging tot moord in hegtenis geneem,” het Lt Kol Andre Traut Woensdag gesê. Hy het gesê sowat 8 000 plaaswerkers het byeengekom om te
Lees verder: Boer vas wat op oproermakers in De Doorns skiet
E-skyfies vir sommige tolhekke
Die e-skyfiestelsel sal by tolhekke in ander provinsies ook geïmplementeer word, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Woensdag gesê. “Ons wil die tegnologie van die tolstelsel wat ons tans het, gebruik. Daar is ‘n bekendstellingsprogram in die huidige program,” het Alex van Niekerk, projekbestuurder van Sanral, gesê. Dít beteken nie dat die e-tolstelsel in die
Dwelms aan laerskoolkinders verkoop
Dwelms word aan kinders so jonk as 12 jaar oud by skole verkoop, het lt.genl. Mzwandile Petros, polisiekommissaris van Gauteng, Woensdag gesê. “Ek het met die skoolhoofde van laerskole in sommige van ons gebiede vergader oor die dwelmprobleem. Die situasie is erg en sommige het selfs aangedui dat hulle hulpeloos is,” het hy aan joernaliste
SAner sterf in Australiese woestyn
‘n 25-jarige Suid-Afrikaner is dood terwyl sy kollega in die hospitaal herstel nadat hulle in versengende hitte in ‘n Australiese woestyn vasgekeer is. Mauritz Pieterse en sy 30-jarige kollega was besig met ‘n roetine inspeksie in die Simpson-woestyn toe hulle met ‘n viertrek-voertuig in sand vasgeval het. Die kwik het tot 45°C geklim en hulle
VSA gaan glo op landbou in SA konsentreer
Donald Gips, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, het Woensdagoggend by sy ampswoning in Pretoria kort ná pres. Barack Obama se oorwinning, belowe dat die VSA sal konsentreer op landbou in Afrika en Suid-Afrika. Hy het aan Beeld gesê Suid-Afrika en die VSA het oor die afgelope vier jaar ‘n “baie sterk vennootskap” gebou en het nou
SARK wil Gaga stop
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se jeugforum gaan saam met ander Christelike groepe poog om Lady Gaga te verhinder om Suid-Afrika te besoek deur druk op die ANC te plaas. Gaga, wie se regte naam Stefani Germanotta is, het al verskeie politieke veldtogte ondersteun, veral gayregteveldtogte in Amerika. Sy het ook haar ondersteuners aangemoedig om
Vyf werkers by rioolaanleg dood
Vyf werkers van die Sol Plaatje Munisipaliteit by Kimberley se Homevalerioolverwerkingsaanleg is dood, het ‘n amptenaar Dinsdag gesê. “Ons bevestig die dood van vyf van ons werkers … om ongeveer 12:45 vandag (Dinsdag),” het Sello Matsie, woordvoerder vir die munisipaliteit gesê. Hy het gesê een van die werkers het die pomphuis skoonmaak, ongeveer ses meter
