Vyf werkers by rioolaanleg dood

Vyf werkers van die Sol Plaatje Munisipaliteit by Kimberley se Homevalerioolverwerkingsaanleg is dood, het ‘n amptenaar Dinsdag gesê.

“Ons bevestig die dood van vyf van ons werkers … om ongeveer 12:45 vandag (Dinsdag),” het Sello Matsie, woordvoerder vir die munisipaliteit gesê.

Hy het gesê een van die werkers het die pomphuis skoonmaak, ongeveer ses meter ondergronds, toe die ongeluk gebeur het.

Blykbaar het slyk uit een van die monitors in die kamer ingestroom tot ‘n hoogte van ongeveer 1,5 meter.

Die werker is vermoedelik oorval deur metaangas.

Matsie het gesê dit lyk of die ander werkers probeer het om te help in ‘n poging om die eerste werker te red en hulle is ook oorweldig deur die gas.

Hy het gesê die ongeluk is nou onderworpe aan verskeie ondersoeke deur die verskillende staatsdepartemente, die polisie en die munisipaliteit.

Al die liggame was teen 18:30 Dinsdag nog nie uit die aanleg verwyder nie.

Matsie het gesê vrae oor veiligheidskwessies sal hanteer word in die ondersoek.

александр лобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae