Wag se tong uitgesny

‘n Veiligheidswag se tong is uitgesny gedurende die aanloop tot die Marikana-slagting, het die Farlam-kommissie Dinsdag gehoor. Hy is in Augustus tydens geweldadige betogings gedood.

Die inligting vorm is vervat in kol. Victor Visser se voorlegging oor die gebeure wat gelei het tot die skietery by Marikana op 16 Augustus. Vier-en-dertig mynwerkers het in die geweld omgekom.

Tien mense, insluitend twee veiligheidswagte en twee polisiebeamptes, is die week voor die voorval dood. Nog twee mense is ná die skietery dood.

Visser het ‘n tydlyn van die gebeure aan die kommissie voorgelê.

Die kommissie, wat gelei word deur die afgetrede regter Ian Farlam, is aangestel om die slagting by Marikana te ondersoek.

Visser het veral verwys na die konflik tussen die vakbonde NUM en Amcu.

Hy het verduidelik dat die spanning baie hoog geloop het op 12 Augustus, ná verskeie mynwerkers die vorige paar dae gewond is.

Die polisie het in daardie stadium inligting ontvang dat daar planne was om die plaaslike NUM-kantore af te brand. Bykomende polisiebeamptes is daarna in die gebied ontplooi.

Die kommissie het ook na foto’s van die wagte se lyke gekyk. Een van die wagte se tong was uitgesny.

‘n Ander foto het gewys hoe ‘n groep betogers van die toneel vlug met ‘n gesteelde haelgeweer.

Die ondersoek duur voort.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae