praag.co.za

Obama die wenner, sê mediavooruitskattings

‘n Oorwinning vir pres. Barack Obama word voorspel in die verkiesingstryd teen sy Republikeinse teenstander, Mitt Romney, deur Amerikaanse televisienetwerke.

Obama het teen vroeg Woensdagoggend oorwinnings in ‘n aantal sleutelstate agter sy naam gehad en projeksies het aangetoon dat hy die nodige stemme in die kieskollege sal werf om as die VSA se president vir ‘n tweede termyn te dien.

CNN het pres. Barack Obama Woensdagaand as die wenner van die Amerikaanse presidentsverkiesing aangewys.

NBC en CBS se projeksies het ook gewys dat Obama die stryd gewen het.

Obama se grootste prestasies in sy eerste termyn sluit die uitbreiding van oorloë dmv onbemande tuie in die Midde-Ooste in, die redding van die Amerikaanse motorvervaardigingsbedryf sowel as die dood van Osama bin Laden.

Sy oorwinning beteken ook dat ‘n omstrede gesondheidsorgplan en finansiële hervorming geïmplementeer sal word.

данильченко юрій броніславович

Comments

Leave a Reply