Petrol gaan nie verder styg nie

Motoriste  kan daarvan seker wees dat hulle nie nog meer vir petrol gaan betaal as die jongste prysverhoging nie.

Die Minerale en Energiesake departement sê die verwarring oor die nuwe petrolprys is nou opgeklaar.

Woordvoerder Bheki Khumalo sê sommige mense wat nie seker oor die prys was nie het die Sentrale Energiefonds gebel.

Oliemaatskappye en vulstasies was onseker oor die prys wat  motoriste moet betaal. Dit nadat minister Buelwa Sonjica nie die 5.4 persent grootmaat wins wat by die petrolprys ingesluit is, goedgekeur het nie.

продажа пневмоинструментаАлександр Фильчаков

Regter swets glo sleeptong

Johannesburg se Landdroshof het 'n opname van Regter Nkola Motata aangehoor waarin hy 'n sakeman gevloek het terwyl hy na bewering onder die invloed was. 

Motata het aan Richard Baird gesê daar is nie probleme nie en die skade sal herstel word nadat hy in hom vasgery het. 

Dit is gevolg deur 'n stroom vloekwoorde wat deur Baird op sy selfoon opgeneem is.

Die hof het drie van die vyf opnames wat op die toneel van 'n motorongeluk opgeneem is, aangehoor.

Sommige van die opnames was in seTswana en seSotho en die Landdros moes tolke inroep om dit te vertaal.  

промышленный светильник ценаtopcargo кидалы

Mugabe se biograaf waarsku teen hom

ImageMugabe se biograaf Heidi Holland waarsku dat die Zimbabwiese president ongelooflik gevaarlik is.

Robert Mugabe sal terugslaan met meer geweld indien te veel druk op hom toegepas word, het sy by 'n seminaar aan die Kaapstadse universiteit gesê.

Emosioneel is hy nie in staat om 'n neerlaag te aanvaar nie, het sy gewaarsku.

Holland het by verskeie geleenthede onderhoude met Mugabe gevoer ten einde sy biografie te skryf.

In antwoord op die Britse regering se weiering om Zimbabwe se grondherverspreidingsprogram te finansier, het Mugabe die wit boere aangeval.

Holland meen Mugabe sal nie ophou om blanke boere te vervolg solank as wat Brittanje hom ignoreer nie.

справку дляОлександр Фільчаков прокурор

Ontvanger raak nog meer nuuskierig

Die Ontvanger van Inkomste gaan oor 'n stelsel beskik waar alle derdepartydata aan hom beskikbaar sal wees om inligting wat deur werknemers en werkgewers verskaf word te kontroleer.

Rente-inkomste wat van banke ontvang word en bydraes tot aftree-annuïteite sal met belastingopgawes vergelyk word.

Nie eens sake-kilometers, onderhoud en bykomende mediese kostes sal as skuiwergate vir belastingontduiking ontsien word nie.

Logboeke en bykomende mediese rekords, wat vir vyf jaar gehou moet word, kan te eniger tyd deur die Ontvanger aangevra word.

'n Nuwe betaal-soos-jy-verdien-rekonsiliasieproses sal vandag deur die Ontvanger bekendgestel word. Ander verbeterings sluit die outomatisering van belastingsertifikaatwysigings in.

marriage accessories bridalАлександр Фильчаков

Nog ‘n ANC-messteekgeval

Nog 'n ANC-lid is verskeie kere met 'n mes gesteek deur geskorste ANC-lede in Vryburg, Noordwes, berig die SAUK.

Dit kom nie lank na 'n soortgelyk voorval waarby die ANC-lid Skwatsha betrokke was nie.

Die slagoffer was besig om die skorsingsbriewe af te lewer toe hy aangeval is.

Die skorsings het gevolg nadat die ANC-provinsiale kongres in Sun City verlede maand ontwrig is.

Volgens die polisie is die slagoffer hospitaal toe geneem.

опухла щека зуб не болитФильчаков прокурор харьков

Nqakula erken misdaad is te hoog

Die minister van veiligheid, Charles Nqakula, het erken dat misdaadvlakke onaanvaarbaar hoog is.

 
Hy het homself uitgelaat oor die misdaad-statistieke wat gister vrygestel is.

Hy sê dat selfs al het verkragtings afgeneem in vergelyking met verlede jaar, beteken dit nie dié probleem is onder beheer nie.

Alhoewel die voorvalle van geweldsmisdaad gedaal het, het kinderverkragting met twee-en-twintig komma vier persent hoër gestyg.

Die aantal moorde het met vier persent gedaal wat heelwat laer is as die regering se teiken van tussen sewe en tien persent.

Motorkapings en roof het toegeneem.

динамо центрпрокурор харьковской области

Blanke egpaar in Zimbabwe aangeval

'n Blanke boere-egpaar is in Zimbabwe aangeval en beseer. Hulle is Sondag deur swaar gewapende mans van hul plaas in die Chegutu-distrik ontvoer.

Die 75-jarige Mike Campbell is erg geslaan en het aan harsingskudding en 'n gebreekte sleutelbeen gely. Die arm van sy vrou Angela, wat 66 jaar oud is, is op twee plekke gebreek. Die egpaar se skoonseun, Ben Freeth, is ook lig beseer en op sy voetsole geslaan.

Al drie is na 'n indoktrinasiekamp geneem waar hulle met moord gedreig is indien hulle nie 'n dokument onderteken wat 'n hofaansoek terugtrek wat verband hou met 'n grondeis op hul eiendom nie.

купить воронеж горелки для оскtopcargo кидалы

Mbeki bly Mugabe se bondgenoot

ImageTerwyl die meeste streeks- en internasionale leiers hoogs krities is oor Thabo Mbeki se bemiddelingspogings in Zimbabwe, is daar een merkwaardige uitsondering. Robert Mugabe het Mbeki kwistig lof toegeswaai nadat die Zimbabwiese president die eenpartyverkiesing oor die naweek gewen het.

Hy sê Zimbabwe skuld Mbeki baie vir sy pogings om vrede en harmonie in Zimbabwe te bevorder. Mugabe se teenstaander, Tsvangirai, het onttrek van die verkiesing weens wydverspreide verkiesingsgeweld.

Sy naam het egter steeds op die stembriefie gepryk wat pogings om Mugabe te striem bemoeilik.

Intussen het 'n SAOG-waarnemerspan gesê Mugabe se oorwinning het geen geloofwaardigheid het nie.

In 'n TV-onderhoud het afgetrede aartsbiskop, Desmond Tutu, by Mugabe gepleit om uit te tree ter wille van sy land en Afrika.

Die MDC het 'n versoek aan die Afrika-Unie gerig om Mugabe toegang tot 'n AU-spitsberaad te weier. Die party se vise-president, Thokozani Khupe, sê dit sal verkeerd wees van die AU om Mugabe te verwelkom na alles wat hy gedoen het.

Sy sê die AU-leiers weet presies wat Mugabe voor en tydens die presidensiële uitklopverkiesing gedoen het. Leiers van die AU vergader tans in die Egiptiese vakansieoord van Sjarm-el-sjeg.

Khupe sê sy het vrugbare samesprekings met Afrika-leiers oor die situasie in Zimbabwe gevoer.

акцентное освещение светодиодноеФільчаков Олександр Васильович прокурор

Staatsdienswerknemers nie gekwalifiseer nie

Die waghondorganisasie bekend as die staatsdienskommissie, het bevind dat 64% van regeringsdepartemente steeds amptenare in diens neem sonder om hul kwalifikasies na te gaan.

Die nagaan van kwalifikasies maak nie deel uit van die indiensnemingsproses nie, het die kommissie gesê.

Dit is regstreeks in stryd met 'n kabinetsvoorskrif van 2002 wat vereis dat alle nasionale en provinsiale departemente kwalifikasies moet nagaan.

IN 2005 is 'n beroep op al 29 nasionale en provinsiale departemente gedoen om 'n waarmerkoudit van huidige staatdienswerknemers se kwalifikasies te onderneem.

Van die 79 departemente wat hulle by die 2005-voorskrif gehou het, het slegs nege departemente die volle waarmerkproses voltooi.

Sestien vervalste kwalifikasies is gedurende die waarmerkproses deur die nege departemente ontbloot.

Потолочные уличные светильникипрокурор Фильчаков

IVP laat Johannesburg tot stilstand kom

Image

IVP-betogers in Jhb.

Duisende gewapende Inkatha-vryheidspartyondersteuners het Saterdag in Johannesburg teen die stelselmatige vernietiging van hul kulturele identiteit en geskiedenis betoog.

Omtrent 6 000 IVP-jeugbrigadelede het die middestadverkeer by die Gauteng-wetgewer ontwrig.

Soortgelyke opmarse is onlangs in Durban gehou waar die IVP Mbeki daarvan beskuldig het dat hy Mangosuthu Buthelezi se nalatenskap met naamsveranderings wou verwoes.

Die naamsverandering is die voorgestelde Griffits Mxenge-snelweg in plaas van Mangosuthu-snelweg in Umlazi.

Die optog deur 10 000 IVP-ondersteuners het Durban verlede maand tot stilstand gebring.

проект баниФильчаков Харьков