Afrikaanse sirkulasiesyfers daal – weens Naspersmonopolie?

Die sirkulasie van Afrikaanse koerante is besig om drasties te daal, waarskynlik weens die monopolie wat Naspers oor die gedrukte woord in Afrikaans beskik. Volgens die Ouditburo van sirkulasie se jongste syfers, wat enkele dae gelede vrygestel is, “daal naweekkoerante in Afrikaans 2,8 keer vinniger as hul Engelse eweknieë”. Wat dagblaaie betref, daal die Afrikaanse

Lees verder: Afrikaanse sirkulasiesyfers daal – weens Naspersmonopolie?

Skopkanon kan Leeus nie stuit

Die Leeus en die Cheetahs het hulle Super Rugby-veldtog met ’n  soort lae-intensiteit skermutseling van stapel gestuur, en, soos meermale in die verlede, het die katte van die Noorde die Sentraalkatte met twee punte geklop. Dié keer was die telling 27-25. In hierdie fase van elke seisoen is die begrip “roes” ter sprake, maar gister

Lees verder: Skopkanon kan Leeus nie stuit

Stormers, onder Rassie se skaduwee uit, planloos en hopeloos

Was die WP/Stormers-masjien van verlede jaar eintlik die maaksel van Rassie Erasmus, en indien wel, wat sal daarvan oorbly na hy daar vort is? In alle waarskynlikheid, en bitter min, blyk die antwoorde te wees na die Kapenaars se skokkende vertoning in hulle wedstryd gisteraand teen die Hurricanes. Die Kaapse spanne van verlede jaar was

Lees verder: Stormers, onder Rassie se skaduwee uit, planloos en hopeloos

Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge – ná Martin Bosma se besoek

Een van die merkwaardige dinge wat die afgelope jaar of twee gebeur het, is die wyse waarop die Afrikanerproblematiek, selfs die Afrikanersaak, in die Nederlandse media as ‘n belangrike kwessie gevestig is. Dit het gebeur, grootliks danksy die Partij voor de Vrijheid van mnr. Geert Wilders en veral die party se skrywer en skakelman, mnr.

Lees verder: Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge – ná Martin Bosma se besoek

VSA hou vol dat Iran nie kernbom wil bou nie

Terwyl die Verenigde Nasies se kernwaghond in ‘n nuwe verslag Vrydag beweer dat Iran sy uraan-verrykingsprogram versnel het, het Amerikaanse intelligensie-ontleders voortgegaan om vol te hou dat daar geen harde bewyse is dat Iran besluit het om ‘n atoombom te bou nie. Onlangse verslae deur Amerikaanse spioenasie-agentskappe is oor die algemeen in ooreenstemming met ‘n

Lees verder: VSA hou vol dat Iran nie kernbom wil bou nie

Konsternasie heers in Kaboel

Twee NAVO-beamptes is in die ministerie van binnelandse sake in die Afghaanse hoofstad Kaboel vermoor, het amptenare gesê. NAVO het gesê ‘n “individu” het sy geweer op die offisiere gerig, maar vroeëre berigte ontken dat hy ‘n Westerling was. Afghaanse veiligheidsmagte het gesê die dooies is ‘n Amerikaanse kolonel en majoor. Plaaslike berigte in die

Lees verder: Konsternasie heers in Kaboel

Obama-verskoning vir Koranverbranding ‘n ‘grap’

Die Republikeinse presidensiële kandidaat, Newt Gingrich, het Donderdag gesê dat president Obama “oorgegee” het toe hy om verskoning gevra het aan die Afghaanse regering vir die verbranding van verskeie Korans by ‘n Amerikaanse militêre basis naby Kaboel. Met verwysing na die brand van “radikale Islamitiese materiaal” wat die Korans insluit, het die voormalige Huisspeaker gesê

Lees verder: Obama-verskoning vir Koranverbranding ‘n ‘grap’

Geloftevolk roskam Zuma

Die ANC het ‘n poging deur die regse groep die Geloftevolk om ‘n klag van haatspraak teen pres. Jacob Zuma te lê, verwerp. “Dit het mode geword vir onbekende en nie-verteenwoordigende regse randorganisasies… om aandag te probeer trek deur ons president en struggle-geskiedenis te gebruik,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, Saterdag gesê. “Hulle

Lees verder: Geloftevolk roskam Zuma

Bosma se besoek ontketen herrie in SA

Die besoek van die heer Martin Bosma uit Nederland het, soos te wagte kan wees, ‘n herrie onder SA se linkse meningsmouse veroorsaak. Hieronder tel joernaliste van die dagblad Beeld. Bosma is ondervoorsitter van die Nederlandse senaat (tweede kamer) en voorsitter van die interparlementere kommissie van die Nederlandse Taalunie (Nederland, Vlaandere en Suriname). Sy party,

Lees verder: Bosma se besoek ontketen herrie in SA

Kiwi’s goed, maar nie goed genoeg vir SA nie

Vroeg in die vyf-en-veertigste beurt van hulle kolfbeurt (ja, met krieket kry jy beurte ín beurte; dis belangrik en ons kom weer daarby) het Faf du Plessis ’n bal van Nieu-Seelander Kane Williamson haaks na die bykant gestoot om Suid-Afrika se wenlopie aan te teken. Dit het een van die opererende beginsels van krieket –

Lees verder: Kiwi’s goed, maar nie goed genoeg vir SA nie