Konsternasie heers in Kaboel

Twee NAVO-beamptes is in die ministerie van binnelandse sake in die Afghaanse hoofstad Kaboel vermoor, het amptenare gesê.

NAVO het gesê ‘n “individu” het sy geweer op die offisiere gerig, maar vroeëre berigte ontken dat hy ‘n Westerling was.

Afghaanse veiligheidsmagte het gesê die dooies is ‘n Amerikaanse kolonel en majoor. Plaaslike berigte in die media noem die voorval ‘n “verbale skermutseling”.

NAVO-bevelvoerder genl. John Allen het gesê al die NAVO-personeel is van Afghaanse ministeries om sekuriteitsredes teruggeroep.

‘n Britse ambassadewoordvoerder het vroeër gesê alle Britse burgerlikes is uit die ministeries onttrek en die hoop uitgespreek dat dit ‘n tydelike maatreël sal wees.

Die skietery kom te midde van vyf dae van dodelike protes oor die verbranding van afskrifte van die Koran deur Amerikaanse soldate.

Die ministerie van binnelandse sake verkeer in totale afsluiting [lock-down] ná die skietery, het amptenare gesê.

Die BBC se Orla Guerin in Kaboel, sê agt skote is binne-in die gebou gehoor, wat een van die veiligste in die hoofstad moet wees, en dat ‘n Afghaanse burger wat die aanval uitgevoer het, die hoogste veiligheidsklaring sou moes gehad het.

Plaaslike berigte in die media sê die aanvaller was ‘n Afghaanse polisieman, maar dit is nog nie bevestig nie.

Genl. Allen het gesê dat hy die aanval veroordeel en bygevoeg: “Ons het al die leidrade en sal streef om die aanvaller, ‘n lafaard, wie se optrede nie onbeantwoord sal bly nie, aan die kaak te stel.”

Vroeë verslae dui daarop dat die twee beamptes midde-in die ministerie se bevel-en-beheer-sentrum geskiet is.

Bilal Sarwary van die BBC in Kaboel, sê dit is waar verteenwoordigers van 34 provinsies ontmoet om veiligheid te beplan.

Hy haal bronne aan wat meen dat die minister van binnelandse sake Bismullah Khan besig was om ‘n vergadering met senior Westerse amptenare elders in die gebou te hou toe die skietery plaasgevind het.

 

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae