Bosma se besoek ontketen herrie in SA

Die besoek van die heer Martin Bosma uit Nederland het, soos te wagte kan wees, ‘n herrie onder SA se linkse meningsmouse veroorsaak. Hieronder tel joernaliste van die dagblad Beeld.

Bosma is ondervoorsitter van die Nederlandse senaat (tweede kamer) en voorsitter van die interparlementere kommissie van die Nederlandse Taalunie (Nederland, Vlaandere en Suriname).

Sy party, die Partij voor de Vrijheid (PVV), is krities oor die omskepping van die Nederlandse samelewing tot ‘n multi-kulturele een. Tradisioneel is die Nederlande hoofsaaklik bewoon deur taalsprekers wat algemeen beskaafde Nederlands (ABN) as gemeenskaplike omgangstaal gebruik het en die Christelike geloofsrigting gevolg het.

Die werklike rede waarom Bosma nie hier met ope arms ontvang word nie, is polities van aard en handel oor die Moslemvraagstuk in Europa in die algemeen en in Nederland in die besonder.

Om enigsins te begryp waaroor die standpunte van die PVV gaan moet iets van die Nederlandse situasie as konteks verstaan word. Nederland is histories ‘n land waar mense van dieselfde beskawing (die Christelike) met min of meer ‘n uniforme kultuur van mense woon, met hier en daar ander aksente, soos in Friesland. Onder die invloed van die liberalisme en materialisme is die grense van Nederland vir vreemdes (waaronder Moslems) oopgegooi. Die materialisme het die protestantse werksetiek dusdanig ondergrawe, dat Nederlanders mense moes invoer om handearbeid, of dan die vuilwerk, te kom doen. Insgelyks het die liberalistiese antropologie verwag dat immigrante as leë doppe na Nederland sou kom en binne een geslag die Nederlandse lewens- en wêreldbeskouing sou aanvaar. Wel, dit het nie gebeur nie! Immigrante het gewoon hulle taal en kultuur asook hulle godsdiens behou.

Terwyl Nederlanders al minder en minder kinders verwek en al meer en meer gesekulariseerd geword het, en ‘n volstrekte skeiding tussen staat en kerk en politiek en godsdiens gemaak is, het die Moslems veral (a) hulle kultuur behou, en ook (b) hulle godsdiens beoefen. Hiervolgens is daar in die Moslemgeloof geen skeiding te maak tussen godsdiens en politiek nie en is dit die hoogste strewe van Moslemgelowiges om die koninkryk van Allah op aarde te vestig – dus ook in die Nederlande.

Daar kan dus op redelike gronde gekonstateer word dat as die demografiese tendense ontwikkel soos tans blyk die geval te wees, die Nederland binne ‘n honderd jaar en minder ‘n Moslemland sal wees.

Daar is ander, miskien belangriker faktore, as die verdwyning van die Westerse beskawing in Nederland. Op die korter termyn is daar (a) die Iranese kernkragwedloop en (b) die Iranese oogmerk om Israel met die grond gelyk te maak, asook die wêreldwye onstabiele ekonomiese omstandighede wat in die verlede onvermydelik tot oorlog gelei het.

Die veiligheid en sekerheid van Israel word in die laaste instansie deur Christelik-Westerse lande gewaarborg. As en indien die voorsiende godsdiensoorlog tussen Judaïsme en Islam uitbreek en Europese lande tot die beskerming van Israel toetree, sit Europese lande met ‘n groot Moslembevolking en ‘n enorme interne veiligheidskrisis.

Binne die konteks van Suid-Afrika is Bosma ewe onwelkom, want sien, agter elke kabinetsminister is een of ander Indiër te vinde.

Dit is duidelik dat die buitelandse beleid van Suid-Afrika uit en uit pro-Palestyns is, pro-Gadaffi was en sekerlik nou pro-Iran sal wees. Dink bv. aan die Universiteit van Johannesburg wat onlangs bande met ‘n Israeliese universiteit verbreek het. Die gevaar is dat indien ‘n Derde Wêreldoorlog uitbreek, hierdie regering se simpatie nie by Israel of selfs by die Weste sal lê nie, maar duidelik by die Islamiste en hulle bondgenote.

Teen hierdie agtergrond is Bosma uiteraard nie welkom in SA nie en sing die Afrikaanstalige joernaliste hartlik in dieselfde koor as die regering saam. G’n wonder hierdie land en sy mense gaan weens gebrekkige kennis onder nie.

лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae