Geloftevolk roskam Zuma

Die ANC het ‘n poging deur die regse groep die Geloftevolk om ‘n klag van haatspraak teen pres. Jacob Zuma te lê, verwerp.

“Dit het mode geword vir onbekende en nie-verteenwoordigende regse randorganisasies… om aandag te probeer trek deur ons president en struggle-geskiedenis te gebruik,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, Saterdag gesê.

“Hulle klag wat poog om ons historiese erfenis sleg te praat en dit as ‘n bron van haat te probeer voorstel, sal nie onbetwis bly nie, want ons geskiedenis kan nie anders verduidelik word op ‘n ander wyse of wat voldoen aan diegene se weergawe wat dit wil wegwens nie.”

Die Menseregtekommissie (MRK) in Johannesburg het Vrydag bevestig dat die Geloftevolk en sy leier, André Visagie, ‘n reeks amptelike klagtes ingedien het.

Die eerste klag van die groep is teen die haatspraak wat pres. Zuma gebesig het. Hy het glo die ANC-liedjie met die woorde “skiet die Boer” vroeër vanjaar tydens die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein gesing.

Die groep het ook ‘n klag teen die minister van polisie gelê omdat die polisie nie ingegryp het toe swartes by die moordverhoor van die vermoorde AWB-leier Eugene Terre’blanche plakkate omhoog gehou het met die woorde “Boere word gebleksem” (sic) nie.

Die derde klag hou verband met die ANC-regering se “mislukking” om ‘n spesiale taakmag aan te wys om boere na die ontbinding van die kommandostelsel te beskerm.

Mthembu het ontken dat Zuma die lied “Bubul’ ibhunu” by die ANC se eeufees gesing het, maar bevestig dat die ANC gekant is teen die verbod en hulle dit sal beveg.

“Ons wil die feit weer stel dat president Zuma tydens die eeufees in Mangaung nie die lied gesing het wat deur die Gautengse hooggeregshof verbied word nie… en wat ons tans teenstaan nie.”

Hy het gewaarsku teen die “polarisering” van die Suid-Afrikaanse samelewing wat deur die klagtes aangemoedig kan word.

“Ons vind hul bewering dat President Zuma is nie hul president is nie en dat hy anti-wit is, absurd en jammer,” het hy gesê.

“Die ANC het en sal voortgaan om ‘n voorstander van nie-rassigheid in hierdie land te wees en sal nie afgeskrik word deur enige persoon of organisasie [wa]t hierdie land na die koloniale en apartheidsbewind wil terugneem nie.”

Visagie het gesê hy hoop die saak sal die internasionale media se aandag trek, want “ons word in hierdie land vermoor, net omdat ons wit velle het”.

Die Geloftevolk is deur Visagie, voormalige sekretaris-generaal van die AWB, gestig.

[Praag wil lesers se aandag daarop vestig dat hierdie SAPA-berig, soos talle ander, ‘n volledige vertaling van die oorspronklike berig verteenwoodig wat in Media24 slegs in ‘n “aangepaste” vorm verskyn. Red.]

данильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae