praag.co.za

Afrikaanse sirkulasiesyfers daal – weens Naspersmonopolie?

Written by

in

Die sirkulasie van Afrikaanse koerante is besig om drasties te daal, waarskynlik weens die monopolie wat Naspers oor die gedrukte woord in Afrikaans beskik. Volgens die Ouditburo van sirkulasie se jongste syfers, wat enkele dae gelede vrygestel is, “daal naweekkoerante in Afrikaans 2,8 keer vinniger as hul Engelse eweknieë”. Wat dagblaaie betref, daal die Afrikaanse titels 40% vinniger as Engelse titels.

Rapport, wat ongeveer ‘n dekade gelede nog byna 500 000 eksemplare verkoop het, se sirkulasie het die afgelope jaar met ‘n bykomende 10% gedaal en beskik nou oor ‘n sirkulasie van slegs 201 983.

Gerugte wil hê dat die voormalige redakrise van Rapport, Liza Abrecht, afgedank is nadat sy einde verlede jaar na Media24 se elektroniese platforms verskuif is. Die presiese rede vir Albrecht se afdanking is nog nie bekend nie.

Dit is bekend dat Naspers geen nuwe toetreders tot die Afrikaanse mark verdra nie. Weens die grootte en oorheersende posisie van die maatskappy, is die lot van Afrikaans as mediataal ook nou aan die lot van Naspers se publikasies gekoppel. Volgens mnr. Tim du Plessis, ‘n voormalige redakteur van Rapport, lees 50% van dié koerant se lesers slegs een koerant per week: Rapport.

Sedert 1994 het Naspers en sy filiaal Media24 egter ‘n toenemend linkse aanslag ontwikkel en vele tradisionele Afrikanerlesers van hul koerante vervreem. Vandaar die snelle afgang van die Afrikaanse koerante wat aanmekaar sirkulasie verloor.

Dit mag ook wees dat die oorskakeling na die internet en digitale media onder Afrikaanstaliges vinniger as onder Engelse lesers plaasvind en dat die gedrukte media dus sneller sirkulasie verloor. Interessant is dat die Pretoria News, wat weens sy ligging in Pretoria insgelyks oor ‘n aansienlike persentasie Afrikanerlesers beskik, insgelyks die vinnigste van alle Engelse koerante gedaal het, naamlik ‘n jaarlikse vermindering van 12,5%.

Dat Afrikaanse lesers egter besig is om hul rug op die Nasperskoerante te keer, is ‘n neiging wat uit die jongste sirkulasiesyfers afgelei kan word. Die vraag is watter ander heenkome daardie lesers gevind het en of hulle steeds Afrikaans lees…

Данильченко Харьков

Comments

Leave a Reply