Carl Niehaus is vir my ’n besonderse klein plesiertjie. Hy het sulke vakerige leepogies, wat hy so stadig en sagmoedig toemaak voor hy sy iets sê, asof hy eers wil seker maak van sy gedagte. Dan kom daardie ou beheerste, amper bewerige stemmetjie uit. Veral as hy in Engels iets kwytraak, klink sy konsonante soos dié van ’n tipiese selfbewuste Afrikaner, veral sy r’e wat hy probeer versag om nie te boers te klink nie, en dit is die laaste ding op aarde wat onse Carl mee geassosieer wil word. Maar ons hoor dit al te duidelik, en maak nie saak hoeveel hy in Engels skryf nie, dit wil net nie soos ’n regte Engelsman s’n klink nie. Dit is deel van hom soos die soet smaak van ’n koeksister.
Carl Niehaus staan darem by wat hy glo