Dis nogal hartseer as openbare figure soos Andre P. Brink, alias mnr. Hyde, die stelling maak dat dieselfde mense vir wie hy so ‘n vurige kampvegter was en dalk in sy hart nog is, nou skielik “barbare” is. Mens kan net wonder wat oor sy lewe geloop het. Dat moord gebeur, is deel van die nuwe Suid-Afrika en – so jammer as wat dit is – moet hy saamleef daarmee, net soos die res van ons. Want dis sy nalatenskap aan ons. Dit is ‘n nalatenskap wat deur sy pen geskep is in die jare her.
Barbare? Nee prof. Brink, dis jou mense daai

'n Nuwe inisiatief is van stapel gestuur deur die Amerikaanse nasionale swemliggaam, USA Swimming. Die rede daarvoor is dat swart kinders in die VSA teen 'n tempo van amper drie keer soveel as die gemiddelde koers verdrink.