Swart kinders meer geneig om te verdrink

Image 'n Nuwe inisiatief is van stapel gestuur deur die Amerikaanse nasionale swemliggaam, USA Swimming. Die rede daarvoor is dat swart kinders in die VSA teen 'n tempo van amper drie keer soveel as die gemiddelde koers verdrink.

Ook is minder as 2% van USA Swimming se byna 252 000 lede wat mededingend deur die jaar swem, swart.

'n Studie wat 1 800 kinders gemonster het, het gevind dat 31% van wit respondente nie veilig kon swem nie, in vergelyking met 58% van swartes.
 
Die nie-swemmers onder Spaans-Amerikaanse kinders is byna so hoog soos vir swartes, maar twee keer soveel Spaans-Amerikaners is lede van US Swimming.

As 'n ouer nie kan swem nie, is die kind baie minder geneig om te leer om te swem.

купить декоративная штукатуркаалександр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae