Gerugte dat Mbeki gesteelde wit plaas besit vals

Gerugte dat Robert Mugabe vir president Mbeki 'n gesteelde plaas van 'n wit kommersiële boer gegee het, is nie waar nie, sê die presidensie. Daar word ook beweer dat Mbeki en Mugabe saam 'n diamantmyn in die DRK besit.

Mnr. Neil Whysall beweer hy is 18 maande gelede deur 'n onbekende persoon by die Cunene Lodge in Namibië vertel dat die betrokke persoon by 'n diamantmyn werksaam is wat deur Mbeki en Mugabe saam besit word.

'n Segsman van die presidensie het aan die Citizen-koerant gesê dat dit die eerste keer is dat hy die storie hoor. Omtrent 182 wit plase is reeds oorgeneem en 30 lê verlate sedert 6 April 2008.

Die president van die Commercial Farmers' Union, Trevor Gifford, sê die toestand bly gespanne en boere word steeds geïntimideer.

нужна справка из наркологического диспансераФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae