Volgens 'n polisiewoordvoerder gaan nog bykomende polisielede ontplooi word. Buitelanders stroom na die Rabierifpolisiestasie om skuiling te soek teen die aanvalle.
In Thokoza op die Oos-Rand is ses mense Vrydagnag in hegtenis geneem vir openbare geweld wat verband hou met vreemdelinghaat, sê die polisie. Twee plakkershutte is aan die brand gesteek en 'n aantal mense is beseer.
Ongeveer 50 mense skuil tans by die Thokozapolisiestasie.
Die polisie sê ook die toestand in Diepsloot bly gespanne en buite beheer. Buitelanders is steeds besig om uit Diepsloot te vlug uit vrees vir aanvalle.
