Spioen in Ka?ro vasgetrek

Image

Abdel Megied Mahmoed

Egiptiese owerhede het Dinsdag bevestig dat ‘n spioenasienetwerk wat deur Israel bedryf is, oopgevlek is. ‘n Egiptiese ingenieur, ‘n Ier en ‘n Japanner was daarby betrokke, volgens ‘n justisiewoordvoerder.

Die prokureur-generaal, Abdel Megied Mahmoed, het die aankondiging van die inhegtenisname van die Egiptiese burger gedoen en bygevoeg dat die twee ander verdagtes ontsnap het.

Mohammed Sayyed Saber, 35 jaar oud, word daarvan aangekla dat hy inligting aan die Mossad, die Israelse inligtingsdiens, verkoop het. Dié inligting behels “die verskillende aktiwiteite” van die Kernkragkommissie van Egipte.

Die prokureur-generaal het ook bevestig dat die aangeklaagde reeds skuld op die aanklag beken het. Mahmoed, werknemer by die Kommissie, het tussen Februarie 2006 en Februarie 2007 blykbaar vertroulike inligting aan die Mossad verkoop vir die bedrag van 17 000 dollar.

Egipte het in September verlede jaar aangekondig dat hy sy kernprogram sal hervat, nadat dit vir 20 jaar opgeskort was. Dié land beoog om ten minste een kernsentrale teen 2020 in werking te kan hê.

Die verdagte is op 18 Februarie in hegtenis geneem op die lughawe van Kaïro nadat hy teruggekeer het van Hong Kong. Hy het daarna die Ier as Brian Peter en die Japanner as Shiro Aizo geïdentifiseer, volgens die prokureur-generaal.

Mahmoed is in 2005 in Hong Kong deur die Ier en Japanner genader en versoek om inligting aangaande die werksaamhede van die Egiptiese Kernkragkommissie aan hulle te verskaf.

Daarna het Mahmoed verslae uit die navorsingsentrum van Inchass, die Kommissie se kantore waar hy werksaam was, laat verdwyn. Die Prokureur vir Staatsekuriteit, Hicham Badaoui, wat ook teenwoordig was by die perskonferensie, het dit bevestig.

Die ambassades van Ierland en Japan in Kaïro was gister nog nie bewus van die inhegtenisname nie en kon geen inligting aangaande hul landsgenote bevestig of ontken nie. 

Israel het by monde van hul diplomatieke verteenwoordiger die bestaan van ‘n spioenasienetwerk ten sterkste ontken. Mark Regev, Israelse buitelandse woordvoerder, het gesê dat daar  dikwels sulke verhale sonder bewyse in die Egiptiese hoofstad opduik.

Benny Sharoni het namens die Israelse ambassade gesê dat sy missie niks anders weet as wat in die pers verskyn het nie en dat die Egiptiese owerhede nog geen amptelike korrespondensie betreffende die saak aan Israel gerig het nie.

Egipte was in die tagtigerjare op die punt om ‘n kernkragsentrale van 1 000 megawatt in Dabaa, oos van Alexandrië, op te rig toe die ontploffing in Tsjernobil in 1986 die projek op die lange baan geskuif het. 

Intussen het Egipte voortgegaan met navorsing op die gebied van verrykte uraan en in 1997 het ‘n 22 megawatt-reaktor noord van Kaïro die lig gesien. Die reaktor voorsien geen elektrisiteit nie en is slegs op die ontleding van kernkrag gemik. Dit is met die hulp van die Argentynse liggaam INVAP opgerig.

колонны из гипса купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

China se “Olimpiese Volksmoordspele”

Terwyl Mbeki homself tuis voordoen as die vredemaker in Darfoer nadat die AU se vredesmag AMIS skouspelagtig daar misluk het, het Hollywood nou die knoop deurgehaak.

Aanduidings is dat Soedan bereid sal wees om na die volle implementering van die VN-plan te kyk sodat bykomende soldate kan toetree in Darfoer in die uitvoering van ’n internasionale vredesopdrag.

Die reis van die Chinese hoë gesant Zhai Joen na Soedan onlangs en sy besoek aan drie vlugtelingkampe het wenkbroue laat lig omdat die Volksrepubliek nie graag in Afrikalande se binnelandse kwessies inmeng nie ten spyte van China se uitgebreide olie- en sakebelange in Soedan. Tot dusver was China nie besorg oor die dodetal in dié deel van Soedan nie.

Mia Farrow, bekende aktrise, het deur haar volgehoue aktivisme egter daarin geslaag om die menseslagting in Darfoer teen die komende Olimpiese Spele in Beijing in 2008 af te speel, ’n teer punt in Beijing. Farrow, ook ’n ambassadeur vir die VN se Kinderfonds, het deurentyd na die Spele as die “Genocide Olympics” verwys nadat ’n mediaveldtog ’n maand gelede afgeskop het.

Sy het druk op korporatiewe borge asook mede-Hollywoodbekende Steven Spielberg – ’n artistieke adviseur vir die Chinese regering – uitgeoefen om China in die openbaar oor Darfoer aan te vat. In ’n artikel in die Wall Street Journal van 28 Maart 2007 waarsku Farrow vir Spielberg dat hy in die geskiedenisboeke die “Leni Riefenstahl van die Beijing-spele” kan word as hy nie dadelik optree nie.

Riefenstahl word steeds onthou vir haar uiters geslaagde Nazi-propagandafilms.

Dit was skynbaar ’n voltreffer. Enkele dae later is ’n brief aan Hu Jintao gestuur waarin Spielberg die Chinese regering soebat om hul invloed te laat geld in Soedan “om ’n einde aan die menslike lyding daar” te maak.

Talle groepe wil graag sien dat die Spele geboikot word, maar nie eens Tibet-aktiviste kan met dieselfde sukses spog nie. Me. Farrow is na berig word ekstaties oor die Chinese besluit. Mnr. Spielberg het op sy beurt laat weet dat hy bewus was van die toestand in Darfoer maar eers onlangs verneem het van China se betrokkenheid daarby.

Mnr. Zhai het aangekondig dat hy hoop Soedan buigsaam sal wees in hul taksering van die kwessie in Darfoer. China het daarop aangedring dat Darfoer nie tydens besprekings oor die Spele op die agenda moet verskyn nie. Desnieteenstaande het China nog geen aanduiding gegee dat hulle sanksies teen Kartoem sal oorweeg nie.

’n Groot horlosie is reeds op Tianmenplein aangebring om die minute tot die Spele af te tel en Olimpiese koors loop oral in China hoog. Die motto van die Spele is “One World, One Dream”.

вихревой насослобановский александр жена

Bloubloed-Indi?r wil Hertog van Frankryk word

Image

Bourbon voor sy huis

Een van die erfgename van die Franse troon mag dalk ’n Indiër wees. Balthazar Napoléon de Bourbon III, wat ’n afstammeling Hendrik IV is, eis die titel van Hertog van Frankryk op. Hy is blykbaar die bloubloedproduk van ’n Bourbon se reis na Indië.

Mnr. De Bourbon (48) – vriendelik, rond en kort – is ’n advokaat en grondeienaar van Bhopal, Indië. Sy familie woon al sedert 1775 in dié historiese stad. Hy ontvang gaste tuis in sy gerieflike maar kitsch pienk woning met die inskripsie "Maison de Bourbon” bo ’n yslike fleur de lys, die Franse adellike simbool.

Dis nie waar die versiering ophou nie. Sy meubels, visitekaartjies en mansjetknope is in die monargie se heraldiese blom getooi. “Ek is altyd vertel dat ek aan ’n adellike en koninklike familie behoort,” sê mnr. De Bourbon. Soos sy vader Salvadore, spook hyself nou al 20 jaar lank om “erkenning” van die Huis van Bourbon wat tot 1830 regeer het, te verkry.

“Of hulle nou wil of nie, ek is deel van ’n luisterryke familie. Ek is ’n deeltjie van Frankryk,” verklaar die advokaat wat nie ’n woord Frans praat nie en nog nooit ’n voet in Frankryk gesit het nie. Hy het van sy Franse voorouer net die Katolieke geloof oorgehou. Sy kinders heet Frédéric, Michelle en Adrien.

Die Bourbons is deeglik bewus van die Indiese vertakking van die familie, maar Prins Michel van Griekeland se jongste roman "Le Rajah Bourbon” het weer die neef van Hendrik IV, Jean-Philippe Bourbon, se reis na Indië in 1560 onder die soeklig geplaas.

Nadat Jean-Philippe ’n ander adellike in ’n tweegeveg gedood het, moes hy na Spanje vlug. Daar word hy deur seerowers gevange geneem, ontsnap hy toe hulle in Egipte aandoen en word hy ’n tweede keer deur die Ethiopiese weermag aangekeer. Hy ontsnap nogmaals, en bevind homself dan in die Portugese Goa waar hy as raadgewer van die keiserlike Mogol Akbar optree. Hy trou later met die Mogol se skoonsuster.

Die gesin vertrek dan na Agra en daarna Delhi waar Jean-Philippe ontdek dat hy eerste aanspraak op die Huis van Frankryk verwerf het. Hy wys dit egter van die hand. Sy afstammelinge het ná sy dood na Bhopal gemigreer waar hulle vandag nog leef.

Volgens Prins Michel is Balthazar Napoléon III dus ’n wettige troonopvolger. “As Jean-Philippe eerste opvolger was, is ek dit ook,” beaam mnr. De Bourbon. Maar hy sê hy besef Frankryk is vandag ’n demokrasie.

“Wat vir my die heel belangrikste is, is familiebande. Die mense moet weet dat ’n afstammeling van Jean-Philippe vandag nog leef. […] Ons het dieselfde bloed, Franse bloed, blou bloed.” Mnr. De Bourbon droom van ’n titel. “Die erkenning sal wees om as Hertog van Frankryk bekend te staan of Hertog van Bourbon. Om aan ons hierdie titel te gee, sal ’n manier wees om ons familie wat moes uitwyk na Indië se lyding te erken,” pleit hy.

“Ekonomies is ek die swak skakel van die familie. Mense mag dink dat ek hulle sal verontrief, miskien omdat ek ’n Indiër is. Maar moenie bekommer nie, ek sal geen rykdom van Frankryk vra nie.”

детские конструкторыданильченко юрій Харків

Mbeki se soveelste vredespoging in Afrika

Image

‘n Soldaat van AMIS

Vrese dat die konflik in Darfoer kan verhewig is bewaarheid nadat Kartoem en N’Djamena mekaar oor en weer beskuldig het van onlangse vyandelikhede. Soedan hou vol dat hulle ’n aanval uit Tsjad gestuit het, terwyl Tsjad beweer dat hulle rebelle oor die grens agtervolg het. Volgens Soedan het hulle 17 soldate verloor, maar Tsjad sê daar was 30 sterftes aan elke kant.

Thabo Mbeki, wat op besoek is aan Soedan, het Dinsdag die Chinese gesant, Zhai Joen, se versoek herhaal en gevra dat Soedan die toetrede van VN-magte om die AU (AMIS) by te staan moet heroorweeg.

Sammani al-Wassila, minister van Buitelandse Sake van Soedan, het egter Suid-Afrikaanse druk afgewys. Mbeki se raadgewers het origens aangedui dat sy verblyf hoofsaaklik  ’n besoek aan die suide van die land sal wees waar die Abuja-vredesooreenkoms in 2005 gesluit is.

AMIS-magte, gebore uit ’n voorstel van die EU, is sedert 2004 in Darfoer – in die weste van Soedan – en het intussen van 150 troepe na 7000 toegeneem in die hoop dat die konflik sal afneem.

Hulle ontoereikende en onbeholpe teenwoordigheid het egter daartoe gelei dat ’n bykomende VN-mag voorgestel is in September 2006, maar die Soedanese regering het dit van die hand gewys. Die AMIS-mandaat is nietemin deur die VN verleng en sal tot Junie 2007 strek, nadat die Veiligheidsraadresolusie 1706 vir bykomende vredestroepe nie geïmplementeer is nie.

Maandag, vóór Mbeki se besoek, was Soedan en Tsjad se weermagte in gevegte betrokke en op die grens tussen die twee lande is rebelle-aktiwiteit aan die oplaai.  

Pretoria het aangedui dat "Suid-Afrika se prioriteit lê by die aanvaarding van die hele ooreenkoms tussen die VN en die AU om ’n hibride-mag in Darfoer te ontplooi.” Indien Kartoem China en Suid-Afrika se raad volg, sal die gesamentlike mag uit 20 000 troepe bestaan. Soos China, wil Suid-Afrika graag Soedan se weerstand teen só ’n teenwoordigheid peil.

Dit is alombekend dat China traag is om druk op Omar al-Bashir uit te oefen vanweë dié land se sterk ekonomiese bande met China.  

Die jongste VN-voorstel behels die implementering van al drie fases. Tot dusver het Soedan slegs tot die eerste ingestem, maar afgevaardigdes van die AU is optimisties dat Soedan die tweede fase sal aanvaar. Dit sal die ontplooiing van etlike duisende VN-administrateurs behels en skenkings van nagenoeg 300 miljoen dollar.

Die derde fase sal dan die aankoms van die VN-vredesmag wees om die AU by te staan. Wat die Soedanese president betref, verteenwoordig dit egter ’n bedekte Westerse ingryping in Darfoer waar daar reeds 200 000 mense gesneuwel en 2 miljoen weggevlug het.

сколько каналов в зубеtopcargo развод

500 miljoen dollar en geen demokrasie

Die internasionale gemeenskap is doodstil en het die afgelope 15 dae nog geen woord gerep oor die aanwending van hul skenkings, nagenoeg 500 miljoen dollar, ter bevordering van demokrasie aan die Demokratiese Republiek van die Kongo nie.

Die amptelike opposisie in dié land, gelei deur die eertydse vise-president Jean-Pierre Bemba, is vir alle praktiese doeleindes tot niet. Bemba is steeds ’n gas van die Suid-Afrikaanse ambassade in Kinshasa, waar hy sedert 22 Maart 2007 “gehuisves” word.

Hy wag tans vir ’n finale antwoord om na Portugal te kan reis. Alhoewel Bemba toestemming op hoogste vlak verkry het om die land te verlaat, is hy steeds in die ambassade. Hy het amptelik gevra om na Portugal te reis sodat mediese aandag aan ’n ou fraktuur geskenk kan word.

Volgens diplomatieke bronne heers daar ongelukkigheid binne sekere kringe in die regering self oor die besluit om hom te laat gaan ondanks die immuniteit wat hy as senator teen vervolging geniet. Bemba het die versekering gegee dat hy aan “geen politieke bedrywighede” tydens sy verblyf in Portugal sal deelneem nie.

Bemba se magte, oorblyfsels uit die rebellebeweging wat in ’n oorlog teen Kinshasa (1998-2003) gewikkel was, is verlede maand heeltemal deur regeringsoldate uitgewis. Bloedige gevegte, die ergste nog sedert die verkiesing van 2006 volgens sekere waarnemers, het tot die dood van tussen 200 en 500 mense gelei.

Joernaliste is nietemin deur regeringstroepe daarvan weerhou om foto’s van dooies en gewondes te neem en is by lykshuise en hospitale afgekeer.

Die eerste vier maande van Joseph Kabila se mandaat is nie net deur die algehele verbrokkeling van ’n opposie gekenmerk nie, maar ook deur skermutselings in sowel die weste as ooste van die land. Geen verklaring is voorts deur die regering uitgereik nadat die VN se hoofkwartier en TV-uitsaaistasie in die tydperk aangeval en geplunder is nie. Volgens ’n VN-woorvoerder ontvang hulle gereeld dreigemente en is hulle aan intimidasie blootgestel.

Desondanks die feit dat Kabila deur die EU berispe word vir ’n “voortydige reaksie” en “ontoepaslike” optrede, bly die president ongeërg en voel hy heeltemal geregverdig in sy besluit omdat hy “ten alle koste” orde moes herstel.

Bemba se ondersteuners het gevoel dat hul beoogde inlywing by regeringsmagte die opposisieleier sonder voldoende beskerming sou laat.

Hoe langer sy vertrek egter uitgestel word, hoe meer gekompliseerd raak die kwessie, het ’n diplomaat gekla. Daar is enersyds raadgewers van Kabila wat Bemba graag agter tralies wil sien. Vir gematigdes binne die regering sal dit andersyds nie lei tot die “normalisering” van die politieke landskap nie.

’n Westerse waarnemer meen “dat die regering beslis by die gesloer baat. Bemba is geneutraliseer en die opposisie sal nooit weer opstaan nie.” Hy het ook gesê dat die Weste se stilte oor hul skenkings ’n ramp vir die land is.

купить кухня киевлобановский александр отзывы

Iran moet ook Fransman vrylaat

Nadat Iran die 15 Britse seesoldate wat aangehou was vrygelaat het, het die Franse regering ’n versoek gerig om die vrylating van navorser Stéphane Dudoignon. Die Fransman is op 30 Januarie verlede maand in die suid-ooste van die land aangekeer.

Die Quai d’Orsay, die Franse ministerie van Buitelandse Sake, het die Iranese ambassadeur op 29 Maart ingeroep om hul “bekommernis” oor Dudoingon uit te spreek in die lig van die Britse personeel se aanhouding.

Die navorser se paspoort is gekonfiskeer en hy bly tans by sy Iranese vrou se familie in Teheran. Hy is ook gelas om nie die stad te verlaat nie. Tydens sy inhegtenisname was hy besig om ’n Soennitiese straatoptog te verfilm in die dorpie Chah Bahar. Dudoignon doen navorsing in Parys by die CNRS (Nasionale Raad vir Wetenskaplike Navorsing) oor Islam se godsdiensvertakkinge en skole.

Die suid-ooste van Iran, in die besonder die provinsie Sistan-Baloetsjistan, word as ’n sensitiewe gebied beskou. In die afgelope aantal maande is ’n paar gewapende aanvalle geregistreer asook ’n bomaanval op ’n bus wat rewolusionêre wagte moes vervoer en 11 lewens geëis het. Die gebied word ook oorspoel deur dwelmhandelaars in die nabyheid van Pakistan en Afghanistan.

Iran beskuldig Brittanje en die VSA daarvan dat hulle onrus in die gebied probeer aanstook. Dudoignon is die tweede Franse burger wat aangehou word nadat Stéphane Lherbier 15 maande gelede op ’n vissersboot in die Golf gevang is. Hy is eers in Februarie vrygelaat te midde van internasionale spanning wat VN-spertye oor Iran se kernprogram betref.

комплектующие к погружному насосулобановский александр дети

Europa oortref VSA in beurswaarde


Image

New Yorkse beurs

Vir die eerste keer sedert die Eerste Wêreldoorlog, het Europa se aandelebeurse dié van die VSA in waarde verbygesteek. Hiermee verloor die VSA sy globale oorheersing in die kapitaalmarkte wat byna ’n eeu geduur het.

Die gesamentlike waarde van Europa se 24 aandelebeurse, wat Rusland en die ontluikende Oos-Europese markte insluit, het einde verlede week tot $15 720 miljard (€11 819 miljard) gestyg, volgens Thomson Financial-data. Dit is meer as die $15 640 van die VSA.

Die styging van die euro teen die dollar, asook die groei van Oos-Europese markte soos Rusland en die groter prestasie van maatskappye in Europa sover dit winsgewendheid betref, het hierdie dekadelange gaping met die VSA laat verdwyn. Ian Hernett van Absolute Strategy Research, wat dit eerste raakgesien het, meen ons is besig om ’n “seismiese verskuiwing” in markte gade te slaan.

Die vorige keer toe Europa die VSA in terme van markkapitalisering oorheers het, was waarskynlik voor die Eerste Wêreldoorlog, sê Mike Staunton, ’n aandelebeurshistorikus by die Londense Sakeskool. Die verskuiwing vind ook in die skuldmark plaas, waar Europese aktiwiteit dié van Amerika ingehaal en in sommige gevalle verbygesteek het.

Europese aandele het beter as dié van Amerika presteer, met hul markkapitalisering wat sedert 2003 met 160 persent in dollar-terme toegeneem het, sê Thomson Financial. Dit vergelyk met ’n styging van 70,5 persent in die Amerikaanse aandelemark. Terselfdertyd het die euro 26 persent teen die dollar toegeneem.

Europa loop agter Amerika as dit kom by die indekse van markkapitalisering wat deur die FTSE en MSCI opgestel word en deur batebesturders as maatstawwe gebruik word.

Hierdie indekse ken egter ’n verminderde of geen gewig toe aan aandele wat nie vrylik verhandel nie soos die aandeelhoudings van regerings of beherende familie-aandeelhouers. Europa beskik oor meer maatskappye met dié tipe aandeelhoudings.

центробежные насосы дляпрокурор Фильчаков

Argentyne vra eilande terug

Image

Scioli en Kirchner

Argentinië het met die vyf-en-twintigste herdenking van die Falklandeilande-inval hul aanspraak daarop herbevestig. “Die Malvinas behoort aan Argentinië en sal altyd ons s’n wees”, het vise-president Daniel Scioli by die geleentheid gesê, terwyl hy die eilandgroep se Spaanse naam gebruik het.

Mnr. Scioli het in die suidelike stad Ushuaia gepraat by een van die geleenthede ter herdenking van die uitbreek van die oorlog. Hy het Brittanje gevra om samesprekinge oor die soewereiniteit van die eilande te hervat. Argentinië se aanspraak dateer van 1833.

In die Verenigde Koninkryk het Tony Blair egter oud-stryders van die Scots Guards en Royal Navy met kentekens en sertifikate beloon vir hul “moed en professionalisme”.

Meer as 900 mense is gedood in die oorlog wat 74 dae geduur het, waaronder drie eilandbewoners, 255 Britte en 655 Argentyne. Die Britte het, ná seegevegte, weer die beheer van Stanley, die hoofstad, op 14 Junie kon oorneem.

President Nestor Kirchner het nie die vieringe in die suide bygewoon nie. Een inwoner het tydens die verrrigtinge op ’n heuwel geklim met ’n Argentynse vlag en nadat hy die eilande in die grond geteken het met die woorde “Ons sal terugkom” daarby.

Jorge Chevalier, hoof van die Staande Mag, het die vise-president se belofte dat die terugname sonder geweld sal geskied, beaam. “Daar het al reeds te veel bloed gevloei en dit moet nie herhaal word nie,” het hy aan veterane gesê.

Margaret Thatcher, wat verantwoordelik was vir die besluit om Britse troepe te stuur, het ’n private seremonie in die Sint Paulus-katedraal bygewoon om die oorwinning oor Argentinië te herdenk.

Argentinië het verlede week ’n olie- en gaseksplorasieverdrag met Brittanje eensydig as nietig verklaar. Dié uitsprake kom te midde van hernieude spanning tussen die twee lande.no deposit noДанильченко Юрий Брониславович компромат

Meer moeilikheid in Mogadisjoe (met videogreep)

Image

Rook oor Mogadisjoe

Honderde Ethiopiese soldate het gister Mogadisjoe, hoofstad van Somalië, binnegestroom. Dit volg op vier dae van hewige gevegte met Moslem-rebelle waarin honderde mense dood is en duisende ander gevlug het. Water- en kostekorte dra tot die burgerlike bevolking se ellende by.

Die afgelope paar dae se konflik was die ergste wat Mogadisjoe die afgelope vyftien jaar beleef het. ’n Ethiopiese aanslag verlede week teen vegters van die Moslem-beweging (wat in Desember verdryf is) het tot die hernieude geweld aanleiding gegee.

Volgens ooggetuies is die strate in die Somaliese hoofstad vol ontbindende lyke en baie inwoners het hulle huise inderhaas ontruim. Die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap meen dat sowat 10 000 mense Mogadisjoe die afgelope paar dae verlaat het, wat die aantal vlugtelinge sedert Februarie vanjaar op 100 000 te staan bring.

Ethiopiese troepe staan die Somaliese regering tans by om van Moslem-vegters uit die suide en sentrale gedeeltes van Somalië ontslae te raak. Daar word vermoed dat die Moslem-rebelle bande met Al-Kaida het. Die Ethiopiese soldate is veronderstel om met ’n vredesmag van die Afrika-unie (AU)vervang te word. Tot dusver het die AU egter net daarin geslaag om sowat 1 500 Oegandese soldate na Somalië te stuur. Suid-Afrika het aangekondig dat die land weens beperkte kapasiteit nie tot die vredesmag kan bydra nie.

Ethiopië se aartsvyand, Eritrea, het Oeganda intussen gewaarsku om sy vredestroepe aan Somalië te onttrek en gewaarsku dat daar ”ernstige gevolge“ gaan wees as Oegandese soldate nie onmiddellik die land verlaat nie.

построить сауну втопкарго