Europa oortref VSA in beurswaarde


Image

New Yorkse beurs

Vir die eerste keer sedert die Eerste Wêreldoorlog, het Europa se aandelebeurse dié van die VSA in waarde verbygesteek. Hiermee verloor die VSA sy globale oorheersing in die kapitaalmarkte wat byna ’n eeu geduur het.

Die gesamentlike waarde van Europa se 24 aandelebeurse, wat Rusland en die ontluikende Oos-Europese markte insluit, het einde verlede week tot $15 720 miljard (€11 819 miljard) gestyg, volgens Thomson Financial-data. Dit is meer as die $15 640 van die VSA.

Die styging van die euro teen die dollar, asook die groei van Oos-Europese markte soos Rusland en die groter prestasie van maatskappye in Europa sover dit winsgewendheid betref, het hierdie dekadelange gaping met die VSA laat verdwyn. Ian Hernett van Absolute Strategy Research, wat dit eerste raakgesien het, meen ons is besig om ’n “seismiese verskuiwing” in markte gade te slaan.

Die vorige keer toe Europa die VSA in terme van markkapitalisering oorheers het, was waarskynlik voor die Eerste Wêreldoorlog, sê Mike Staunton, ’n aandelebeurshistorikus by die Londense Sakeskool. Die verskuiwing vind ook in die skuldmark plaas, waar Europese aktiwiteit dié van Amerika ingehaal en in sommige gevalle verbygesteek het.

Europese aandele het beter as dié van Amerika presteer, met hul markkapitalisering wat sedert 2003 met 160 persent in dollar-terme toegeneem het, sê Thomson Financial. Dit vergelyk met ’n styging van 70,5 persent in die Amerikaanse aandelemark. Terselfdertyd het die euro 26 persent teen die dollar toegeneem.

Europa loop agter Amerika as dit kom by die indekse van markkapitalisering wat deur die FTSE en MSCI opgestel word en deur batebesturders as maatstawwe gebruik word.

Hierdie indekse ken egter ’n verminderde of geen gewig toe aan aandele wat nie vrylik verhandel nie soos die aandeelhoudings van regerings of beherende familie-aandeelhouers. Europa beskik oor meer maatskappye met dié tipe aandeelhoudings.

центробежные насосы дляпрокурор Фильчаков