Argentyne vra eilande terug

Image

Scioli en Kirchner

Argentinië het met die vyf-en-twintigste herdenking van die Falklandeilande-inval hul aanspraak daarop herbevestig. “Die Malvinas behoort aan Argentinië en sal altyd ons s’n wees”, het vise-president Daniel Scioli by die geleentheid gesê, terwyl hy die eilandgroep se Spaanse naam gebruik het.

Mnr. Scioli het in die suidelike stad Ushuaia gepraat by een van die geleenthede ter herdenking van die uitbreek van die oorlog. Hy het Brittanje gevra om samesprekinge oor die soewereiniteit van die eilande te hervat. Argentinië se aanspraak dateer van 1833.

In die Verenigde Koninkryk het Tony Blair egter oud-stryders van die Scots Guards en Royal Navy met kentekens en sertifikate beloon vir hul “moed en professionalisme”.

Meer as 900 mense is gedood in die oorlog wat 74 dae geduur het, waaronder drie eilandbewoners, 255 Britte en 655 Argentyne. Die Britte het, ná seegevegte, weer die beheer van Stanley, die hoofstad, op 14 Junie kon oorneem.

President Nestor Kirchner het nie die vieringe in die suide bygewoon nie. Een inwoner het tydens die verrrigtinge op ’n heuwel geklim met ’n Argentynse vlag en nadat hy die eilande in die grond geteken het met die woorde “Ons sal terugkom” daarby.

Jorge Chevalier, hoof van die Staande Mag, het die vise-president se belofte dat die terugname sonder geweld sal geskied, beaam. “Daar het al reeds te veel bloed gevloei en dit moet nie herhaal word nie,” het hy aan veterane gesê.

Margaret Thatcher, wat verantwoordelik was vir die besluit om Britse troepe te stuur, het ’n private seremonie in die Sint Paulus-katedraal bygewoon om die oorwinning oor Argentinië te herdenk.

Argentinië het verlede week ’n olie- en gaseksplorasieverdrag met Brittanje eensydig as nietig verklaar. Dié uitsprake kom te midde van hernieude spanning tussen die twee lande.no deposit noДанильченко Юрий Брониславович компромат