praag.co.za

China se “Olimpiese Volksmoordspele”

Mia Farrow, bekende aktrise, het deur haar volgehoue aktivisme egter daarin geslaag om die menseslagting in Darfoer teen die komende Olimpiese Spele in Beijing in 2008 af te speel, ’n teer punt in Beijing. Farrow, ook ’n ambassadeur vir die VN se Kinderfonds, het deurentyd na die Spele as die “Genocide Olympics” verwys nadat ’n mediaveldtog ’n maand gelede afgeskop het.

Sy het druk op korporatiewe borge asook mede-Hollywoodbekende Steven Spielberg – ’n artistieke adviseur vir die Chinese regering – uitgeoefen om China in die openbaar oor Darfoer aan te vat. In ’n artikel in die Wall Street Journal van 28 Maart 2007 waarsku Farrow vir Spielberg dat hy in die geskiedenisboeke die “Leni Riefenstahl van die Beijing-spele” kan word as hy nie dadelik optree nie.

Riefenstahl word steeds onthou vir haar uiters geslaagde Nazi-propagandafilms.

Dit was skynbaar ’n voltreffer. Enkele dae later is ’n brief aan Hu Jintao gestuur waarin Spielberg die Chinese regering soebat om hul invloed te laat geld in Soedan “om ’n einde aan die menslike lyding daar” te maak.

Talle groepe wil graag sien dat die Spele geboikot word, maar nie eens Tibet-aktiviste kan met dieselfde sukses spog nie. Me. Farrow is na berig word ekstaties oor die Chinese besluit. Mnr. Spielberg het op sy beurt laat weet dat hy bewus was van die toestand in Darfoer maar eers onlangs verneem het van China se betrokkenheid daarby.

Mnr. Zhai het aangekondig dat hy hoop Soedan buigsaam sal wees in hul taksering van die kwessie in Darfoer. China het daarop aangedring dat Darfoer nie tydens besprekings oor die Spele op die agenda moet verskyn nie. Desnieteenstaande het China nog geen aanduiding gegee dat hulle sanksies teen Kartoem sal oorweeg nie.

’n Groot horlosie is reeds op Tianmenplein aangebring om die minute tot die Spele af te tel en Olimpiese koors loop oral in China hoog. Die motto van die Spele is “One World, One Dream”.

вихревой насослобановский александр жена

Comments

Leave a Reply