Korrupte dokters, mediese personeel kos fondse miljarde

Korrupte dokters, aptekers, fisioterapeute, radioloë en patoloë tap R22 miljard ‘n jaar van mediese fondse sodat lede duisende rande meer in premies moet betaal. Die kommerwekkende toename in bedrog het ‘n nagmerrie geword het vir die byna 100 mediese skemas en het daartoe gelei dat die Board of Healthcare Funders ‘n twee-dag-konferensie in Johannesburg byeen

Lees verder: Korrupte dokters, mediese personeel kos fondse miljarde

China wys nuwe president aan

Die Chinese parlement het Xi Jinping Donderdag as president aangewys, vier maande nadat hy as leier van die Kommunistiese Party verkies is. Gedurende sy tyd as leier van die Kommunistiese Party het hy onderneem om hervormings deur te voer, ‘n aankondiging wat burgers vol hoop gelaat het. Daar is egter min verandering nog sigbaar. Sowat

Lees verder: China wys nuwe president aan

Porno 24/7 vra TopTV

On Digital Media (ODM), eienaar van TopTV, se aansoek om pornografie-kanale voltyds te beeldsend sal Donderdag aangehoor word. ODM sal tydens ‘n openbare verhoor voor die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) verskyn. TopTV beplan glo om 24 uur per dag pornografie uit te saai en nie net buite spitskyktye nie, het Channel24 berig. In ‘n

Lees verder: Porno 24/7 vra TopTV

Geen klag nog ingedien na aanval op Basson se advokaat nie

‘n Saak is nog nie aanhangig gemaak nadat adv. Jaap Cilliers SC buite die Pretoriase hooggeregshof aangeval is nie, het die polisie Donderdag gesê. Ao. Ann Poortman van die Pretoria-polisiekantoor het gesê sy het nie veel inligting oor die aanval nie, omdat ‘n aanklag nog nie formeel aanhangig gemaak is nie. “Die saak is nie

Lees verder: Geen klag nog ingedien na aanval op Basson se advokaat nie

Katnes by PetroSA oopgevlek

‘n Onreëlmatige manipulasie van interne beheerstelsels by PetroSA het aan die lig gekom, het RSG Donderdag berig. Die departement van energie het gesê die ondersoekspan het ‘n voorlopige verslag bekendgemaak. Die departement het die verslag aangevra om te verseker dat daar gehou word by goeie korporatiewe regering en deursigtigheid by PetroSA, wat ‘n volfiliaal van

Lees verder: Katnes by PetroSA oopgevlek

Derde van SA-skoolmeisies is MIV-positief

Minstens 28% van skoolmeisies in Suid-Afrika het MIV terwyl slegs 4% van skoolseuns met dié virus besmet is, het die Sowetan Donderdag berig. Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die syfers by Woensdag by ‘n vergadering van die Nasionale Raad van Provinsies in Carolina, Mpumalanga, vrygestel. “Dit is duidelik dat dit nie jong seuns

Lees verder: Derde van SA-skoolmeisies is MIV-positief

Wouter Basson se regsman aangeval

Adv. Jaap Cilliers, wat onder andere dr. Wouter Basson, Jackie Selebi en die Waterkloof-vier verdedig het, is met ‘n onbekende middel buite die Pretoriase hooggeregshof ingespuit, is Donderdag berig. Cilliers het Woensdagmiddag ná ‘n siviele saak uit die hof gestap, het Beeld berig. Iemand het hom van agter bestorm en hy het skielik iets soos

Lees verder: Wouter Basson se regsman aangeval

Zimbabwiërs in buiteland sal nie kan stem

Zimbabwe sê hy sal nie gehoor gee aan ‘n opdrag van die Afrikakommissie oor Menseregte wat hom gevra het om burgers in die buiteland toe te laat om in die komende referendum en verkiesing te stem nie. Die AU-liggaam het verlede maand beslis dat die uitsluiting van die stemmery van gewone burgers in die buiteland,

Lees verder: Zimbabwiërs in buiteland sal nie kan stem